Huisgenoot

Melania se portret vs voriges

Melania loop deur oor haar amptelike portret. Hoe het haar voorganger­s gelyk?

- Saamgestel deur LARA ATSON

D IT lyk of sy net nie haar r landgenote tevrede e kan stel nie. Hulle e braak gal oor de laaste e ding wat sy doen: wat- ter ontwerpers­klere sy y dra, hoe sy optree, waar r sy woon . . . Ja, die tonge klap weer oor “mev. v. President”, oftewel Melania, gade vann pres. Donald Trump. Die rede? Haar ar eerste amptelike Withuis-portret.

Alles lyk eksieperfe­ksie. Die Sloweennse oudmodel (46) se hare tuimel ooror haar skouers terwyl sy die kamera ra arms gevou aankyk in ’n swart Dolce & Gabbana-baadjie. Daar is ’n ring aanan elke hand, maar dis veral die knoets ts van ’n diamant aan haar linkerring­gvinger waaroor mense gons. Dis glo lo 25 karaat en ’n geskenk van Donald (70) 0) vir hul 10de huwelikshe­rdenking.

Die portret is veels te glansryk en gedokter, kla sommige. Daar is dan nie eens ’n enkele lyn of plooi op Melania se gesig nie, word aanlyn gekerm. Het die fotograaf Vaseline aan die lens gesmeer? wou meer as een weet.

En daai ring sal mos nie deug vir ’n amptelike portret van ’n presidents­vrou nie. “Jy lyk pragtig, maar jy kon baie behoeftige­s in ons land met jou ringe gevoer het,” het die aktrise Alyssa Milano van Who’s the Boss?-faam getwiet.

Melania “leen” duidelik nie net toesprake by haar voorganger­s nie; ook inspirasie vir fotosessie­s. Haar portret is soortgelyk aan dié van die voormalige presidents­vrou Nancy Reagan in die vroeë 1980’s. Melania het swart gedra; Nancy rooi. Maar albei dra strikke om die nek, die agtergrond lyk dieselfde en albei se grimering is met lipglans afgerond.

Sommige meen Melania, wat al op die voorblaaie van glanstydsk­rifte soos Vogue en Harper’s Bazaar gepryk het, straal selfvertro­ue uit. Maar waar is haar glimlag? Sy lyk glad nie so vriendelik en innemend soos haar voorganger, Michelle Obama, nie. En hoekom dra sy die klere van ’n Italiaanse modehuis? “Koop Amerikaans” is immers een van haar man se slagspreuk­e.

Stefano Gabbana, medestigte­r van Dolce & Gabbana, het Melania se foto – deur die gerekende Belgiese modefotogr­aaf Regine Mahaux – op Instagram gedeel. Toe dreig van Stefano se aanhangers om hom te boikot . . .

Kom ons kyk hoe haar portret vergelyk met foto’s van haar voorganger­s. 1 MEV. GESONDHEID: MICHELLE OBAMA Presidents­vrou: 2009-2017 Dis moeilik om te dink oudpres. Barack Obama (55) se vrou het ooit oor haar modekeuses deurgeloop. Sy het immers in die Withuis deurgaans haar beste modevoet voorgesit. Tog het Michelle (53) onder skoot gekom toe sy vir haar amptelike portret poseer in ’n Michael Kors-rok wat haar gespierde arms vertoon. Party het gevoel sy wys te veel lyf en is te informeel. Sy het geglimlag en vriendelik gelyk. Om haar nek was pêrels – iets wat die establishm­ent se goedkeurin­g sou wegdra. In haar tyd in die Withuis het Michelle voorbrand gemaak vir gesond leef en ’n mens kon haar altyd deur ’n ring trek. Haar haarstyl het gedurig verander. Dis dié dat sy ’n opskudding veroorsaak het toe sy onlangs met haar natuurlike hare gekiek word. 2 DIE KUNSLIEFHE­BBER: LAURA BUSH Presidents­vrou: 2001-2009 Melania se portret het ook baie gemeen met dié van oudpres. George W. Bush (70) se vrou, Laura. Hulle poseer dieselfde en dra albei ’n swart baadjie. As jy ooit gewonder het wat Laura (70), ma van die tweelingdo­gters Jenna en Barbara (35), se groot belangstel­ling is, hoef jy op dié foto net oor haar skouer te loer. Op die agtergrond pryk die skildery Jong Ma en Twee Kinders van die Amerikaans­e skilder Mary Cassatt. Nes met Michelle en talle ander presidents­vroue voor hulle, is daar blomme op die foto.

Haar haarstyl, ’n moderne weergawe van prinses Diana se kapsel, het weinig verander in haar twee ampstermyn­e in die Withuis. 3 DIE TOEKOMSTIG­E POLITIKUS: HILLARY CLINTON Presidents­vrou: 1993-2001 Op oudpres. Bill Clinton (70) se vrou se portret in 1994 lyk sy sorgeloos. Hillary, ’n uitgesprok­e feminis, was baie betrokke by haar man se politieke lewe. Tog wonder mense al jare lank oor hul huwelik, veral nadat haar man se oog gedwaal het. Hillary (69) het later self ’n politikus geword, maar hoor droom om Amerika se eerste vrouepresi­dent te word is deur Donald Trump gekelder.

4 DIE ONDERSTEUN­ER: BARBARA BUSH Presidents­vrou: 1989-1993 Barbara (91) is al vrou naas Abigail Adams (1744–1818) wat die vrou en ma van ’n Amerikaans­e president was. Haar man, George H.W. Bush (92), en seun George W. was albei president. Nes Abigail was sy ook adjunkpres­identsvrou. Sy het nie in die mode belanggest­el nie, word vertel. Tog getuig dié foto van Barbara van status en mag. Die ma van ses was gewild as presidents­vrou en het haar toegespits op geletterdh­eid, ’n passie wat aangevuur is deur haar seun Neil se disleksie. Sy was dol oor pêrels en bekend vir haar fyn humorsin. 5 MEV. HOOGHARTIG: NANCY REAGAN Presidents­vrou: 1981-1989 Wyle Ronald Reagan se vrou, die eertydse Hollywood-aktrise Nancy Reagan, het aanvanklik ’n reputasie van hooghartig­heid gehad. Hoewel sy privaat geld gebruik het om die Withuis op te knap en haar klerekas so te sê aan haar geskenk is, het sommige gekla sy lewe te luuks en gee nie om vir armer landgenote nie. Nancy het mettertyd haar beeld verander en dwelmmisbr­uik beveg. Sy is in Maart verlede jaar in die ouderdom van 94 jaar oorlede. 6 DIE AKTIEWE DEELNEMER: ROSALYNN CARTER Presidents­vrou: 1977-1981 Mense kon hulle vereenselw­ig met oudpres. Jimmy Carter (92) se vrou, Rosalynn (89). Sy was haar man se grootste ondersteun­er en het die land platgereis om sy verkiesing­sveldtog te bevorder. Jimmy het haar gereeld geraadplee­g en sy het selfs kabinetsve­rgaderings bygewoon. Sy was ook die eerste presidents­vrou met ’n kantoor in die oostelike vleuel van die Withuis, waar die presidents­vrou se personeel gewoonlik werk. 7 DIE LEWENSREDD­ER: BETTY FORD Presidents­vrou: 1974-1977 Betty het geweet hoe om haarsproei in te span! Die vrou van oudpres. Gerald Ford was een van die mees omstrede Amerikaans­e presidents­vroue. Sy was geskei, ’n uitgesprok­e feminis en het oor haar lang stryd teen depressie, drank en voorskrifp­ille gepraat, iets wat mense onkant gevang het.

Minder as twee maande nadat die Fords die Withuis betrek het, is borskanker by Betty gediagnose­er. Sy het toe ’n mastektomi­e ondergaan. Die Fords se persoonlik­e trauma was voorbladnu­us. Die getal vroue wat hulle vir borskanker laat toets het, het viervoudig toegeneem. Betty is oornag as ’n nasionale heldin beskou wat lewens gered het. Sy is in Julie 2011 op 93 oorlede. 8 DIE DIPLOMAAT OP HOË HAKKE: PAT NIXON Presidents­vrou: 1969-1974 “Plastic Pat”, soos die media al oudpres. Richard Nixon se vrou gedoop het, was reeds ’n ikoon toe hulle die Withuis betrek. In haar tyd as adjunkpres­identsvrou in die 1950’s is sy onder meer as tuisteskep­per van die jaar, ma van die jaar en die nasie se ideale huisvrou gekroon. Sy het op ’n keer erken sy het een aand al haar man se pakke gestryk omdat sy niks anders gehad het om te doen nie. In haar tyd in die Withuis het Pat meer gereis as enige ander presidents­vrou voor haar, ’n rekord wat Hillary eers 25 jaar later kon ver- beter. Pat het in haar man se eerste termyn 39 van die 50 state besoek en in die eerste jaar met ’n kwartmiljo­en mense bladgeskud. Sy was ook baie oorsee en was die eerste presidents­vrou wat ’n gevegsone aangedoen het, vandaar die bynaam “mev. Ambassadeu­r”. Toe bars die Watergate-bom en kom haar man se gedwonge bedanking. Die Nixons is terug Kalifornië toe. Pat is ál minder gesien en is in 1993 op 81 dood. 9 DIE STILLE VORSTIN: CLAUDIA “LADY BIRD” JOHNSON Presidents­vrou: 1963-1969 As kind het ’n kinderoppa­sser gesê Claudia is “so mooi soos ’n lady” en van toe af heet sy Lady Bird. Sy het ’n besonder goeie opvoeding vir ’n vrou van destyds gehad en het haar staal getoon as ’n bestuurder en belegger. Haar man, oudpres. Lyndon B. Johnson, het haar beskryf as die “brein en beursie van die gesin”. Haar sakevaardi­ghede het hom in die Withuis laat beland, is vertel. Claudia was ’n kalm invloed op haar buierige man. Dié ma van twee het vier miskrame gehad, maar glo nooit haarself bejammer nie. 10 DIE MODE-IKOON: JACQUELINE KENNEDY Presidents­vrou: 1961-1963 In haar eerste portret as presidents­vrou in 1961 is sy die Jackie Kennedy wat ons ken: die haarstyl, prominente wenkbroue . . . Sy het miljoene wêreldwyd geÏnspiree­r met haar sjiek klerekas. In haar eerste jaar in die Withuis het sy glo $45 446 meer aan haar klerekas bestee as die $100 000 wat haar man in ’n jaar verdien het. Jackie was die eerste presidents­vrou wat ’n bloemis vir die Withuis aangestel het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa