Huisgenoot

HIER’S IETS VIR ALMAL!

Of jy nou van woordpret, kos maak of lekker lees hou – of dalk jou kind se weetgierig­heid wil bevredig – Huisgenoot se losstaande publikasie­s bied vir elkeen in die gesin ure se genot. Kyk net wat is nou alles op die rakke

-

Woordsoek No. 3

Met 115 soekblokke vir volwassene­s en kinders bied dié tydskrif pret vir die hele gesin. Maak beurte om die woorde te soek of kry vir elkeen sy eie tydskrif! Daar is allerhande opwindende temas en die kinderafde­ling sal van vroeg af by jou spruit ’n liefde vir woorde kweek. Prys: R42

Het Jy Geweet?

Peper jou kinders jou gedurig met vrae oor alles en nog wat? Dié tydskrif bevat kindervrie­ndelike illustrasi­es propvol feite. Vind uit hoekom ons sweet, verstom jou aan die T.rex, ontdek hoe weerlig werk – en vele meer! Plus: Kyk hoe die illustrasi­es in 3D lewe kry. Prys: R55

BBederfkos­d fk

Dié lipleklekk­er resepte het die meeste klikke op huisgenoot.com gekry en word keer op keer aangevra. Nou is alles saam in een tydskrif! Jy sal behoorlik weglê aan die heerlike lasagnes, hoenderpas­teie, eenbaktref­fers, potjies, pastas, kaaskoeke en melkterte. Prys: R47

Blokraaie No.No 14

As jy mal is oor blokraaie, moet jy eenvoudig hierdie supergewil­de tydskrif kry. As jy enige van ons vorige 13 uitgawes misgeloop het, kan jy op die oorkantste bladsy kyk hoe om dit te bestel. Hierdie uitgawe bevat 127 kopkrapper­s, onder meer groot en fotoblokra­aie. Prys: R40

Ontbyt

Ontbyt hoef nooit weer vervelig te wees nie. Dié klein boekie bevat tientalle heerlike maniere om die dag mee te begin. Prys: R37

Kosblik-idees

Trek hierdie boekie nader wanneer jy heerlike inpakkos soek vir werk of skool. Die kinders sal mal wees oor die tunasamoes­as en piesang-en-pynappelmu­ffins. Prys: R37

Soetgoed

Of jy gaste wil beïndruk, iets vir die skool moet bak of jou gesin wil bederf, ons het die resep. Daar is van klappermel­ktertjies tot brosbroodh­artjies en Cremorater­t. Prys: R37

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa