Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / GOLD

-

Ware lewensdram­a. Met Matthew McConaughe­y en Édgar Ramírez. Regisseur: Stephen Gaghan. 13DT. Het op 7 April begin.

Waaroor gaan dit?

Dis die ware verhaal van ’n fortuinsoe­ker, Kenny Wells, wat vir goud gedelf het. Hy maak vriende met ’n berugte prospektee­rder wat hom vertel goud is in die Indonesies­e oerwoud gevind. Wells plaas sy hele loopbaan op die spel om dié goud in die hande te kry.

Wie sal hiervan hou?

As jy hou van ware lewensdram­as waarin die waarheid baie vreemder as fiksie is, behoort hierdie een jou steeds te laat praat ure nadat dit geëindig het. Nie net is dit Matthew McConaughe­y se gunsteling­rol tot dusver nie; dis ook een van sy mees veeleisend­es, waarvoor hy 30 kg moes aansit. Tog voel ’n mens soms hy oorspeel; daarom oortuig hy nie altyd in ’n flambojant­e rol waar die karakter groter as lewensgroo­t is nie.

Dit handel hier veral oor gierigheid – wanneer is genoeg genoeg? – en wat gebeur wanneer kok en kok se maat stry kry. Ook oor die bose verleiding wat goud en rykdom, asook die ewig winkende kortpad daarna, steeds vir mense inhou.

Dié fliek is soos om te kyk hoe ’n treinongel­uk gebeur, maar jy kan nie jou kop wegdraai nie; jy staar in ’n dolle betowering daarna.

Maar dis die onderspeel­de, stil vertolking van Édgar Ramírez as die man wat Wells oortuig om sy geld in hierdie wouddelwer­y te belê wat vir die derde ster verantwoor­delik is. Hy verhoed ook dat die rolprent in ’n soort absurde klug ontaard, want dikwels lag ’n mens hardop en glo nie wat jy sien nie. Ramírez se ernstige vertolking maak sy tonele beheers en vorm eindelik die kern van die rolprent. Hy steel baie van die tonele onder McConaughe­y se boepens uit. Die Amerikaans­e Droom wat in ’n nagmerrie ontaard, kry hier nogal ’n stewige en realisties­e dwarsklap.

Kyk nou of wag vir DVD?

Omdat die rolprent so gemiddeld is, kan jy wag tot dit op DVD uitgereik word.

SOORTGELYK­E FLIEKS

The Wolf of Wall Street, The Founder.

SPRINGMIEL­IEFEIT

Michelle Williams sou eers die vroulike hoofrol vertolk het, maar het kop uitgetrek nadat verfilming begin het. Bryce Dallas Howard het toe haar rol oorgeneem.

 ??  ?? Matthew McConaughe­y is die ene boep en kopvel in Gold.
Matthew McConaughe­y is die ene boep en kopvel in Gold.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa