Huisgenoot

ANTOINETTE LOUW

Dié gewese 7de Laner maak nou weer ’n draai op die kassie in die tweede seisoen van die dramareeks Swartwater

- Deur TARRYN JOSEPHS

Vertel ons van jou rol.

Karen le Roux is ’n sterk vroulike karakter, iets wat nie aldag op Suid-Afrikaanse televisie gesien word nie. Tog maak sy verkeerde keuses om van haar hartseer ontslae te raak – met tragiese gevolge toe sy met ’n verslawing worstel. Dis vir my ’n eer om die rol by Jana Strydom oor te neem.

Hoe lank is jy al in die vermaakbed­ryf?

Dis nou so 14 jaar. My tweede oudisie was vir 7de Laan. Ek was baie gelukkig om die rol van die boetiekeie­naar Inge te kry. Ek het laat, op 28, profession­eel begin toneelspee­l. Eers het ek ander goed gedoen, soos toe ek in 2000 ’n jaar lank op die Mediterree­nse eiland Malta gewoon het. Ek het ’n Maltese kêrel gehad en was ’n kelnerin by ’n 300 jaar oue restaurant. Dit klink idillies, maar eindelik het ek besef: Oos wes, tuis bes.

Vertel ons van jou grootwordj­are.

Ek is in Pretoria gebore, maar het grootgewor­d in Potchefstr­oom, Vanderbijl­park en Bloemfonte­in, waar my ouers (Dap en Anet) in sielkunde klas gegee het. Ek beskou myself as ’n Bloemfonte­iner omdat ek daar gematrikul­eer het en universite­it toe is. Ons is ’n gelukkige gesin. My pa was in verskillen­de state in Amerika ’n besoekende professor aan universite­ite. Ek en my broer, Dappie (nou ’n mediese dokter), was in dié tye ook daar op skool. ’n Ander wêreld het vir my oopgegaan. My nuuskierig­heid oor ander mense, kulture en denkwyses het in ’n groot mate daarmee te doen.

Het jou ouers met hul kennis van sielkunde jou gehelp om die psige van ’n verslaafde vir jou rol in Swartwater beter te verstaan?

Ek het in ’n huis grootgewor­d waar ons geleer is almal het ’n geskiedeni­s, ’n storie, en het daarom ’n rede vir hul gedrag. En hoe meer ’n mens van die mens weet, hoe meer empatie het jy. Hierdie agtergrond het my aangespoor om baie navorsing oor verslawing te doen om dit te verstaan.

Wat sal TV-kykers verbaas wees om oor jou te weet?

Ek is ’n eenkantmen­s. Ek verkies om by die huis te bly pleks van om uit te gaan.

Wat doen jy graag in jou vrye tyd?

O, ek is ’n boekwurm. The Grapes of Wrath deur John Steinbeck en Fees van die Ongenooide­s deur PG du Plessis tel onder my gunsteling­e.

Is daar iemand spesiaals in jou lewe?

Ek en Reenen Malan is al sewe jaar lank in ’n gelukkige verhouding. Ons woon op SomersetWe­s in die Wes-Kaap. Hy is ’n sakeman met sy eie logistiekm­aatskappy. Ons verstaan nie heeltemal mekaar se bedrywe nie en dis oukei, want ons steun mekaar.

Waarmee is jy deesdae besig?

Ek het my eerste vroulike hoofrol in ’n internasio­nale fliek, An Act of Defiance, vertolk. Dit word later vanjaar uitgereik. Die intrige is gegrond op die lewe van die onbesonge Afrikaanse held Bram Fischer en sy vrou, Molly, die karakter wat ek speel. In Julie sal ek ook in die fliek Nul Is Nie Niks Nie te sien wees. Swartwater word Dinsdae om 19:00 op SABC2 uitgesaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa