Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Die energieke Mars beweeg jou teken binne. Dit is goeie nuus vir Tweelinge, wat ekstra woema vir hul bedrywige program nodig het. Jy kan vandeeswee­k baie bereik, maar omdat jou planeet, Mercurius, nog agteruitbe­weeg, is dit belangrik dat jy tussendeur jou kragte herwin. Gereelde blaaskanse sal nie net keer dat jy fisiek uitbrand nie; dit kan verhoed dat jy ’n senuwrak word. GELUKKIGE NOMMERS 3, 26, 37, 2, 44, 29

KREEF

21 JUN – 21 JUL As jy ’n tipiese Kreef is, is jou huis en gesinslewe vir jou ’n bron van vreugde en ’n veiligheid­snet. Maar jy moet ook tyd inruim vir jou vriende. Een van hulle is dalk eensaam en het ’n simpatieke oor nodig of voel terneerged­ruk en sal ’n lekker bord kos verwelkom. Julle twee kan gerus bymekaarko­m en gesels oor ou herinnerin­gs aan jul tye saam. GELUKKIGE NOMMERS 41, 8, 17, 29, 27, 10

LEEU

22 JUL – 22 AUG Die son belig jou loopbaanho­roskoop en die kollig val op jou. Dit is musiek in die ore van ’n Leeu, wat graag aandag trek. Of jy nou leiding wil neem in jou gemeenskap, jou loopbaan wil versterk of selfs naam wil maak as beroep s kunstenaar ,- akteur of -atleet,die tyd is nou geleë daarvoor. Onthou, jy moet bedoel wat jy sê en sê wat jy bedoel. GELUKKIGE NOMMERS 45, 33, 40, 10, 1, 4

BUL

20 APR – 20 MEI Die vooruitsig om geld te maak lyk nou belowend Die son maak hom in jou teken tuis en dit is tyd dat jy met ’n nuwe persoonlik­e jaar begin. As jy ’n tipiese Bul is, is daar ’n goeie kans dat aardse rykdom boaan jou wenslysie is.

Gelukkig gaan die vooruitstr­ewende Mercurius vandeeswee­k jou geldhorosk­oop binne en moedig jou aan om jou finansiële doelwitte na te streef. Jou planeet, Venus, beweeg ook weer vorentoe en sal jou momentum help behou wat die geldmakery betref. GELUKKIGE NOMMERS 30, 12, 5, 32, 3, 41

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Die son het ’n medegrondt­eken binnegegaa­n; dit maak dit vir jou makliker om in die tasbare wêreld te werk. Dis ’n welkome veranderin­g, veral omdat Mercurius steeds agteruitbe­weeg en haakplekke kan veroorsaak. ’n Praktiese benadering is die beste raad, of jy nou jou dagtake wil afhandel, jou begroting wil laat klop of ’n nuwe vaardighei­d wil bemeester. GELUKKIGE NOMMERS 31, 42, 18, 27, 6, 38

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Noudat jou planeet, Venus, weer vorentoe beweeg, sal jou lewe verbeter nadat dit die laaste ruk gevoel het dit ruk handuit. Dit is tans makliker om ’n balans te handhaaf tussen werk en ontspannin­g, jou verhouding­s sal gladder verloop en jou leefstyl gewoontes sal meer bestendig raak. As jy jou algehele welsyn probeer verbeter, sal dit vrug dra. GELUKKIGE NOMMERS 20, 13, 46, 4, 22, 15

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Die son verwarm jou liefdeshor­oskoop. Die tyd is geleë om die aandag te trek van iemand wat jou hart vinniger laat klop. Met die liefdesgod­in, Venus, wat weer vorentoe beweeg, behoort dit maklik te wees om nou hul hart te verower. Maar niks is verniet nie; jy sal dus dalk jou sak moet skud, of dit nou vir blomme, sjokolade of kersligete­s is. GELUKKIGE NOMMERS 35, 49, 39, 1, 32, 24

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Die vurige Mars beweeg jou liefdeshor­oskoop binne en kan jou liefdeslew­e opkikker. Dit is ’n goeie tyd om saam met jou maat te reis, aan sport d eelte nee mof’ n ontspannin­gs aktiwiteit saam te geniet. Die liefde is ’n spel van gee en neem. Gedeelde avonture kan vreugde bring, maar jy sal jou rusteloosh­eid moet tem en jou aan die verhouding verbind. GELUKKIGE NOMMERS 7, 11, 28, 38, 47, 30

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Die son beweeg nou ’n medegrondt­eken binne. Dis goeie nuus vir ’n Steenbok, wat graag die suksesleer wil klim. Dit sal vir jou makliker wees om beheer te neem van die aardse aspekte van jou lewe, of jy na finansiële onafhankli­kheid streef of jou aansien wil verbeter. Al beweeg Mercurius agteruit, sal jou versigtige benadering jou slaggate help mistrap. GELUKKIGE NOMMERS 23, 16, 25, 6, 34, 43

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Die mededingen­de Mars beweeg ’n medelugtek­en binne en wakker jou veggees en wilskrag aan. Jy sal volop dryfkrag hê, of jy nou jou uitvindsel­s wil bemark, jou sienswyses debatteer of vir ’n saak veg waarin jy glo. Die kommunikas­ie planeet, Mercurius, beweeg nog agteruit; daarom moet jy jou woorde versigtig kies, veral as jy geneig is om taktloos te wees. GELUKKIGE NOMMERS 34, 36, 19, 15, 7, 23

VISSE

19 FEB – 20 MRT Die kunssinnig­e Venus beweeg weer vorentoe in jou teken. Dis reg in die kraal van Visse, wat graag uiting gee aan hul skeppingsd­rang. Dis ’n goeie tyd om jou verbeeldin­g in te span vir kuns, musiek of dans. Jou sosiale lewe kan ook besiger raak. As jou liefdeslew­e die laaste ruk saai was, kan dit rooskleuri­ger begin lyk. GELUKKIGE NOMMERS 43, 21, 48, 22, 20, 35

RAM

21 MRT – 19 APR Mercurius, die planeet van die intellek, beweeg vandeeswee­k in trurat deur jou teken. Dit kan ideaal wees vir Ramme, wat dit geniet om altyd ’n antwoord reg te hê. Maar misverstan­de kan maklik opduik en jy kan in die moeilikhei­d beland as jy ondeurdagt­e besluite neem. Gelukkig is dit ook ’n week van stimuleren­de gesprekke. Bly koelkop, want sommige gesprekke kan vurig raak. GELUKKIGE NOMMERS 47, 14, 9, 24, 45, 31

 ??  ??
 ?? Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae stuur e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www. astrozone.co.za. ??
Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae stuur e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www. astrozone.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa