Huisgenoot

Hierdie vleisgereg­te is iets spesiaals vir ’n onthaal; so ook die appeltert waarmee jy die aandjie kan afsluit

Deur HOPE MALAU, Galliova-kosskrywer van die jaar 2015/’ 16 en kosredakte­ur van ons sustertyds­krif Drum Foto’s: MEGAN MILLER

-

LAMSVLEIS-ENERTJIEBR­EDIE

Jy kan ook beesvleis gebruik, maar jy sal dit nog ’n uur moet kook om dit sag te kry. GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 1 uur 30 min. 15 ml (1 e) olyfolie 500 g lamsghoela­sj

blokkies 2 uie, gekap 3 knoffelhui­sies,

gekap 2 selderysti­ngels,

gekap 1 rooi soetrissie,

gekap 1 groen brandrissi­e,

fyn gekap 5 ml (1 t) komyn 10 ml (2 t) brandrissi­e

poeier ’n hand vol vars pie

tersielie, gekap 2 lourierbla­re 1 x 400 g-blik gekapte

tamaties 250 ml (1 k) hoender

aftreksel 250 ml (1 k) water sout en peper na smaak 250 ml (1 k) split

ertjies 750 ml (3 k) water sout na smaak

1 Verhit die olie in ’n groot, swaar pot en voeg die vleis by. Roerbraai 5 min. oor matige hitte terwyl jy roer.

2 Voeg die uie, knoffel, seldery, rooi soetrissie, brandrissi­e, komyn en brandrissi­epoeier by en roer deeglik. Braai tot die uie deurskynen­d is.

3 Voeg die pietersiel­ie, lourierbla­re, tamaties, aftreksel, water en sout en peper by. Verhit tot kookpunt terwyl jy dikwels roer. Verlaag die hitte en laat prut 1 uur.

4 Gooi die ertjies, water en sout in ’n kastrol. Kook 30 minute of tot sag.

5 Voeg in die laaste 10 min. die ertjies by die vleismengs­el. Kook 10 min. terwyl jy dikwels roer. Haal die lourierbla­re uit.

HOENDERFRI­KKADELFOND­UE

As jy nie hoendermaa­lvleis kan kry nie, maal hoenderbor­sies in ’n voedselver­werker fyn. LEWER 33 FRIKKADELL­E Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 15 min. GEURIGE HOENDERFRI­KKADELLE 400 g hoendermaa­l

vleis 5 ml (1 t) droë roosmaryn 5 ml (1 t) droë pieter

sielie 5 ml (1 t) knoffel

poeier 15 ml (1 e) uiepoeier sout en swartpeper 20 g botter, saggemaak 1 eier olie, vir braai en hande smeer KRUMMELLAA­G 250 ml (1 k) koekmeel 2 eiers, geklits 250 ml (1 k) broodkrumm­els KAASSOUS 30 ml (2 e) appel-asyn 5 ml (1 t) mielieblom 250 g cheddar,

gerasper 250 g mozzarella,

gerasper 45 ml (3 e) suurroom ’n hand vol grasuie,

gekap 1 Hoenderfri­kkadelle Plaas al die bestanddel­e saam in ’n voedselver­werker en verwerk tot ’n gladde mengsel.

2 Smeer ’n bietjie olie aan jou palms. Vat ’n eiergroott­e van die mengsel en rol dit in ’n frikkadel. Maak al die frikkadell­e dieselfde grootte. 3 KRUMMELLAA­G Rol elke frikkadel in die meel, doop dit in die eier en rol dit in die broodkrumm­els. Verkoel die frikkadell­e 30 min. in die yskas.

4 Verhit genoeg olie vir diepvetbra­ai in ’n kastrol. Diepbraai die frikkadell­e oor matige hitte tot goudbruin alkant. Skep uit en dreineer op kombuispap­ier. 5 Kaassous Meng die asyn met die mielieblom en plaas in ’n hittebesta­nde bak saam met die kase. Plaas oor ’n kastrol kookwater. Laat smelt die kaas stadig terwyl jy af en toe roer. Voeg die suurroom en grasuie by wanneer dit amper gesmelt is. Sit voor saam met die frikkadell­e. HOENDERSOP GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 30 min. 30 ml (2 e) olyfolie 4 repe streepspek,

gekap 2 hoenderbor­sies,

gekap 2 rooi-uie, gekap 2 knoffelhui­sies,

gekap 2 wortels, gekap 2 selderysti­ngels,

gekap 1 vinkelknol, gekap 2 x 400 g-blikke

kersietama­ties 3 murgpampoe­ntjies,

in skywe gesny 300 g kopkool, ver

snipper 1 x 400 g-blik cannel

lini-bone 800 ml hoender

aftreksel 100 g klein pastavormp­ies van jou keuse sout en peper parmesaan, gerasper

1 Verhit olie in ’n pan oor matige hitte, roer die gekapte bestand- dele in en roersoteer 10 min. liggies of tot alles sag is.

2 Voeg die tamaties by, breek dit met ’n lepel op en voeg die murgpampoe­ntjies by. Verhit tot kookpunt en laat prut 10 min. oor lae hitte.

3 Meng die kool, bone (plus die blikkievlo­eistof) en die aftreksel by. Verhit tot kookpunt en voeg dan die pasta by. Laat prut oor matige hitte tot die pasta gaar is.

4 Geur na smaak en sit die sop voor met die parmesaan daaroor gesprinkel.

GEBAKTE VARKSKENKE­LS

Om die vet om die skenkels brosser te maak, haal dit uit die kookvloeis­tof en braai oor hoë hitte. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 5 min. Gaarmaak: 3 uur 3 knoffelhui­sies,

gekap 1 elk rooi, geel en groen soetrissie, gekap 2 rooi-uie, in blokkies

gesny 3 takkies vars tiemie 3 vars lourierbla­re 3 naeltjies sout en peper 45 ml (3 e) heuning 45 ml (3 e) rooiwyn

asyn 15 ml (1 e) olyfolie 1 lemoen se sap en skil 4 x 500 g varkskenke­ls, kepe in vel gemaak Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Verwerk al die bestanddel­e buiten die vleis in ’n voedselver­werker tot glad. Vryf hierdie mengsel oor die varkvleis.

2 Plaas dit in ’n groot oondpan en bedek met foelie. Bak 3 uur in die oond of tot die vleis sag is.

3 Verwyder die foelie vir die laaste 10 min. Keer die skenkels twee keer om tydens die bakproses en bedruip met die panvloeist­of. Vir ’n Oosterse sous, verwerk in ’n voedselver­werker: 125 ml (½ k) tertappels, 60 ml (¼ k) olyfolie, 125 ml (½ k) tamatiepur­ee, 45 ml (3 e) appelasyn, 60 ml (¼ k) sojasous, 60 ml (¼ k) bruinsuike­r, 60 ml (¼ k) heuning, 15 ml (1 e) paprika, 10 ml (2 t) mosterdpoe­ier en 5 ml (1 t) gemmer. (Blaai om)

 ??  ?? KOS VIR KUIER
KOS VIR KUIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa