Huisgenoot

CINTAINE SCHUTTE

Dié aktrise se ster blink op die planke en kassiee

- Deur LARA ATSON

EERSTE HOOFROL OP DIE KASSIE

Cintaine (29) is ’n bekende gesig in teaterkrin­ge. Nou maak sy haar skuif kassie toe virr haar eerste hoofrol in ’n TV-reeks in die kykNET-sitkom Phil 101. Dié komedieree­ks wentel om ’n eens glorieryke filosofied­epartement aan die fiktiewe Sentrale Universite­it van Suid-Afrika. “Ek speel Jeanne le Roux, ’n filosofied­osent,” vertel Cintaine. “Sy draai nie doekies om nie en het ’n droë humorsin.”

Cintaine speel die hoofkarakt­er, Phillip Coetzee (Bennie Fourie), se liefdesbel­angstellin­g. “Die meeste van my tonele was saam met hom en dit was ’n absolute plesier,” ,” vertel sy. Cintaine het ook saam met deurwinter­de akteurs gewerk, soos Frank Opperman en Pierre van Pletzen. Dié twee was byna 30 jaar ar gelede saam op TV as Ouboet en Spike in Orkney Snork Nie. “Wat ’n voorreg! Ek het grootgewor­dd met hulle op die kassie en moes myself soms knyp as ek in tonele saam met hulle was.”

DIE VERHOOG ROEP

Van haar kosbaarste herinnerin­gs van haar grootwordj­are in Pretoria was om modderkoek­ies te bak saam met haar ouer suster, Mirishin, by hul huis en seevakansi­es op Hermanus. Haar ouers, Hesté, ’n praktykbes­tuurder by ’n narkosefir­ma, en Bernhard, ’n sakeman, is groot aanhangers van die skrywer Wilbur Smith en haar unieke naam is geïnspiree­r deur ’n karakter in sy boek The Burning Shore. “Dit beteken eeuwending,” vertel sy.

Die vermaakgog­ga het gebyt toe sy in gr. 9 dramalesse by die aktrise Shareen Swart begin neem. Sy is in 2006 Maties toe om drama te studeer en het later haar honneursgr­aad in spel aan Ikeys verwerf. “Ek was nog altyd lief vir die kunste, maar het altyd gedink ek sal ’n mariene bioloog, veearts of onderwyser word.”

BEKROONDE AKTRISE

Cintaine is al sewe jaar in die vermaakbed­ryf dryf en was al te sien in toneelstuk­ke soos Amper,r, Vrystaat saam met Antoinette Louw en Die Seemeeu saam met onder andere Rolanda Marais en n Albert Pretorius, wat toevallig haar matriekafs­keideidmet­gesel was.

Die uitdagends­te rol tot dusver was as die stom Katrinn in die drama Moeder Moed en Haar Kinders uit die Duitse dramaturg Bertolt Brecht se pen. “Die rol het my geleer om sonder woorde steeds aan my medeakteur­s en gehoor te kommunikee­r wat ek moet en het my gedwing g om deurgaans gefokus en in karakter te bly.” Sy het ’n Kanna losgespeel vir beste vroulike byspeler. speler.

Sy was ook al in flieks soos Knysna en Sonskyn Beperk te sien.

GEDUGTE AKTEURSPAA­R

Cintaine is al vyf en ’n half jaar in ’n verhouding met die akteur Carel Nel (32). Niks is vir haar so lekker soos om haar dag saam met hom en haar kat, Lily, af te sluit in hul woonstel in Tuine in die Kaapse stadskom nie. “Ons het mekaar ontmoet met die produksie Dream, Brother, wat ons saam gedoen het.” Hulle was ook verlede jaar in die kortfliek HUM te sien. “Hy is my grootste ondersteun­er en steunpilaa­r. Hy is ’n ongeloofli­k lojale mens en laat my altyd veilig voel,” koer sy.

“Ek sal oorlog toe gaan saam met hom. Ek vertrou hom en geniet dit om saam met hom te werk. Hy is ’n fantasties­e akteur en werk hard. Nie almal kry die kans om saam met jou beste vriend te werk nie.” Phil 101 is Maandae om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien.

 ??  ?? Van links is Retief van der Liefde, Cintaine Schutte,tte, Bennie Fourie en Pierre van Pletzen in Phil 101.
Van links is Retief van der Liefde, Cintaine Schutte,tte, Bennie Fourie en Pierre van Pletzen in Phil 101.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa