Huisgenoot

ROWDY LYK NET SOOS EK

Nadat hy ’n baie uitsonderl­ike hondevrien­d ontmoet het, het ’n seuntjie geleer daar is niks fout met anders lyk nie

- BRONNE: FOXNEWS.COM, WNEP.COM, INSTAGRAM.COM OM

ELKE dag het sy haar seun by die skool gaan haal. En elke dag was sy eerste woorde aan haar: “Mamma, ek haat my gesig en hoe ek lyk.” Carter Adcock se gesig was oortrek van wit kolle. Oplaas is vitiligo, ’n seldsame velsiekte waar dele van die vel ligter as die res is, by hom gediagnose­er.

Stephanie was bekommerd oor die uitwerking van die velsiekte op haar kind se selfbeeld. Sy het op die internet begin navorsing doen en afgekom of foto’s van Rowdy, ’n labrador met vitiligo. Sy het dit vir Carter gewys. “Rowdy het Carter (8) regtig heel anders na sy vel help kyk,” vertel sy. “Dit was eenvoudig nie meer ’n probleem nie.”

Rowdy was reeds bekend op sy tuisdorp, Canby, in die Amerikaans­e deelstaat Oregon. Ná ’n verskyning op die plaaslike TV-kanaal oor sy unieke “pandavoork­oms” het hy ’n internetse­nsasie geword. Sy Instagram-blad het nou al meer as 80 000 aanhangers.

Carter (8) woon meer as 2 500 km daarvandaa­n in die staat Arkansas. Stephanie het Rowdy se eienaar, Niki Um- benhower, genader en die afgelope jaar kuier die seun en die 14-jarige hond per Skype. “Dit was ’n aha-oomblik toe Stephanie my vertel van Carter se reaksie,” vertel Niki. Rowdy het toe as terapiehon­d vir die Amerikaans­e vitiligo-navorsings­tigting begin werk.

En verlede maand kon hulle mekaar eindelik rêrig ontmoet danksy ’n weldoener wat die storie van die seun en sy hondemaat op TV gesien het. Die weldoener het betaal vir Stephanie en Carter om na Rowdy se tuiste in Oregon te reis.

“Ek kry hoendervel wanneer ek dink aan die oomblik toe hulle by die deur instap,” vertel Niki. “Dit was asof Rowdy en Carter mekaar nog altyd geken het.”

Stephanie sal altyd dankbaar wees teenoor Rowdy. “Dit was werklik ’n lewensvera­nderended ervaring g vir Carter,” sê sy. y. “Dit het sy kinderjare ten goede verander.

“Dit was ’n geskenk skenk wat ek hom nie sou kon gegee het nie.”

 ??  ?? As vitiligo-lyer het Rowdy sy labradorte­rapie aan mense met dieselfde velsiekte gebied, maar hy is nou afgetree.
As vitiligo-lyer het Rowdy sy labradorte­rapie aan mense met dieselfde velsiekte gebied, maar hy is nou afgetree.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Rowdy en sy eienaar, Niki Umbenhower. er. REGS: Carter Adcock en sy ma, Stephanie. Ná die verskil wat Rowdy in Carter se lewe gemaak het, het Niki hom as terapiehon­d by die Amerikaans­e vitiligo-navorsings­tigting ingespan.
LINKS: Rowdy en sy eienaar, Niki Umbenhower. er. REGS: Carter Adcock en sy ma, Stephanie. Ná die verskil wat Rowdy in Carter se lewe gemaak het, het Niki hom as terapiehon­d by die Amerikaans­e vitiligo-navorsings­tigting ingespan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa