Huisgenoot

STEROÏEDE OP WIELE NO. 8

Koel motors, mal waagtoere en Charlize Theron as ’n booswig met tosselhare – F8 bied hope vir ondersteun­ers van die reeks

- Saamgestel deur LINDSAY DE FREITAS

DIE resensente was glad nie beïndruk met die eerste fliek in 2001 nie. Die dialoog is stroperig, die storie voorspelba­ar en die draaiboek middelmati­g. Wie wil nou amper twee uur na motorjaagt­ogte en sexy meisies kyk? Maar miljoene mense het by die loket geantwoord: Óns wil! En 16 jaar later is The Fast and the Furious een van Hollywood se suksesvols­te rolprentre­ekse in die geskiedeni­s. Sy karakters het van akteurs sterre gemaak.

Die eerste fliek, wat op ’ n tydskrifar­tikel oor New York se ondergrond­se motorrenku­ltuur gegrond is, het sewe opvolge die lig laat sien. En selde is die laaste aflewering in ’n reeks so gretig afgewag.

In The Fate of the Furious (oftewel F8) is die bende spoedvrate weer bymekaar, dié keer sonder die ontslape akteur Paul Walker. Maak jou sitplekgor­del vas vir nog ’n hoëoktaan-aksierit!

Hier is alles wat jy moet weet. dade vrygespree­k is en skynbaar nou ’n taamlik normale lewe lei.

Dom (Vin Diesel) en Letty (Michelle Rodriguez) is op hul wittebrood, terwyl Brian (Paul Walker) en Mia ( Jordana Brewster) uit die bedryf getree het. Maar net toe alles goed en gaaf lyk, lok die geheimsinn­ige blondine Cipher vir Dom na die onderwêrel­d terug. Die bende moet saamstaan terwyl hul afvallige familiepat­riarg sy eie koers inslaan.

Cipher word gespeel deur Charlize Theron (41) – en sy was in die wolke om die rol te kry. “Dis soos om na die koelste familiepar­tytjie of hoërskoold­ansparty genooi te word,” sê sy. Dit is vir haar “’n ware eer om ’n wonderlike rol in een van die beste reekse ooit” te hê en boonop die reeks se eerste vroulike skurk te wees.

DOEN DIT VIR PAUL

Dit was doodnatuur­lik om die Fast-reeks voort te sit ná Paul Walker se dood in 2013, sê Vin, wat sy jongste dogter, Pauline, na sy vriend genoem het.

“Paul het altyd gesê F8 is gewaarborg. As jou broer iets waarborg, moet jy seker maak dit gebeur. Elke dag het ek gesê: ‘Vir Paul moet dié prent wonderlik wees.’ ”

The Fate of the Furious het op 14 April landwyd begin draai. BRONNE: ETONLINE.COM, INDIANEXPR­ESS.COM, LEOSIGH.COM, HOLLYWOODR­EPORTER.COM, MTV.COM, DIGITALSPY.COM, THE-NUMBERS.COM, WIRED.COM, BELFASTELE­GRAPH.CO.UK, CINEMABLEN­D.COM, EMABLEND.COM, GAMESRADAR.COM,

 ??  ?? 1 2 3 4 5 6 7
1 2 3 4 5 6 7
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa