Huisgenoot

APPELKARAM­ELTERT

-

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 55 min. DEEG 175 g koue botter, in blokkies gesny 750 ml (3 k) koekmeel 15 ml (1 e) strooisuik­er 45 ml (3 e) water KARAMEL 250 ml (1 k) strooisuik­er 60 ml (¼ k) water 125 g botter 50 ml room VULSEL 50 g ligbruin suiker 60 ml (¼ k) meel 700 g Granny Smith-appels 700 g rooi appels 1 eier, liggies geklits 30 ml (2 e) donkerbrui­n suiker 1 ml (¼ t) sout Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 23 cm-tertbak.

1 Deeg Vryf die botter by die meel in tot dit soos broodkrumm­els lyk. Voeg die suiker by. Voeg die water geleidelik by en knie tot die deeg ’n bal vorm. Vorm in ’n plat sirkel, draai in kleefplast­iek toe en verkoel 30 min. in die yskas.

2 Haal die deeg uit die kleefplast­iek en verdeel in die helfte. Rol een stuk deeg in ’n vierkant uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Sny dit in agt repe van sowat 30 cm lank en sowat 2 cm breed. Pak die repe op ’n bakplaat op bakpapier wat liggies met meel bestrooi is en verkoel in die yskas. Voeg oorskietde­eg by die oorblywend­e deeg en rol uit in ’n sirkel met ’n deursnee van sowat 33 cm. Druk dit in die tertbak, sny die rand netjies af en verkoel.

3 Karamel Verhit die suiker en water oor matige hitte sonder om te roer tot die suiker oplos. Voeg die botter by en verhit tot kookpunt. Kook tot die mengsel diepbruin verkleur en karamellis­eer. Verwyder van die hitte, voeg die room by en roer tot glad.

4 Vulsel Meng die ligbruin suiker in ’n groot bak met 45 ml (3 e) meel. Voeg die appels by en meng liggies sodat dit egalig bedek is. Strooi die oorblywend­e meel oor die deeg in die tertbak. Rangskik die appels bo-op en giet die karamelsou­s oor.

5 Verf ’n bietjie water oor die deegrand en maak ’n traliewerk- kors bo-op met die deegrepe. Druk elke reep stewig op die deeg om die rand van die bak vas. Verf die geklitste eier oor die deeg en strooi die donkerbrui­n suiker en sout oor. Bak sowat 45 min. of tot die deeg goudkleuri­g is en die vulsel borrel. Laat afkoel sodat die karamel effens kan stol. Laat staan die appeltert ’n paar uur om kamertempe­ratuur te bereik. Dit sal keer dat alles loperig en nat is wanneer jy dit sny. S

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa