Huisgenoot

Sukkel jy om by te hou met maandeliks­e betalings? So kan jy jou premie verlaag

-

BEPERK RISIKO’S

Baie versekeraa­rs gee afslag vir goeie veiligheid­smaatreëls. As ’n mens die risiko vir diefstal by jou huis beperk, daal jou premie. Neem byvoorbeel­d iemand van 40 jaar wat in Gauteng woon, met huisinhoud­sversekeri­ng van R450 000. Hul premie kan wissel van R260 tot R500 per maand. As die huis toegerus is met ’n alarmstels­el wat verbind is aan ’n veiligheid­smaatskapp­y, kan hulle tot 15 persent afslag kry op die premie. En as hulle in ’n veiligheid­skompleks woon, kan ’n ekstra afslag van tot 10 persent toegestaan word, sê Lizette Erasmus van IntegriSur­e.

DIEFSTAL UITGESLUIT

As jou veiligheid­smaatreëls baie goed is, kan jy dit oorweeg om diefstal- en inbraakdek­king uit te sluit tot jy weer finansieel sterker is. Dit kan jou premie baie verlaag. Jy het steeds dekking teen stormskade, hael, weerlig en brande, sê Lizette. Maar jou veiligheid moet uitstekend wees, want die versekeraa­r sal geen diefstal of inbraak dek nie. Jy kan diefstalde­kking op items soos versamelaa­rstukke of antieke ware ook tydelik uitsluit.

HUISEIENAA­RSVERSEKER­ING

Dis dekking vir die geboue en strukture op jou erf. ’n Leser se premie vir huiseienaa­rsverseker­ing het met omtrent 50 persent gekrimp en hy het meer omvattende dekking gekry deur van diensversk­affer te verander. Baie mense met huisverban­de gebruik outomaties die bank se korttermyn­versekeraa­r, maar jy mag ander kwotasies vra. Jy kan ook later van versekeraa­r verander. Die bank moet net tevrede wees dat jou dekking voldoende is. As al jou versekerin­g by een maatskappy is, bied die meeste verskaffer­s ook afslag.

BETAALPROB­LEME

Ingevolge die polishouer­beskerming­sreëls van die Wet op Verbruiker­sbeskermin­g gee die meeste versekerin­gverskaffe­rs ’n maand grasie as jy nie jou premie betaal het nie. Daarna word ’n dubbele premie verhaal. Betaal jy nog nie, word die polis gekanselle­er. Jy kan weer ’n polis uitneem, maar die hele aansoekpro­ses word herhaal. As jy wil eis in die maand wat jy nie betaal het nie, sal jy dalk eers die uitstaande premie moet betaal.

‘Jy is eers waarlik ryk as jy iets besit wat geld nie kan koop nie’ – DIE AMERIKAANS­E SANGER GARTH BROOKS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa