Huisgenoot

WEER TYD VIR BIEBERKOOR­S!

Die Kanadese popster Jus tin Bieber is binnekort wee rin SA virsy Purpose-toer. Hier is van ons geliefkoos­de Bie b e r-oomblikke die afgelope ruk

- Deur TARRYN JOSEPHS

JUSTIN DIE MODEL

Die sanger (23) vermaak ons nie net met sy sexy stem nie, maar ook met daai lyf. Hy het die internet op hol gehad toe hy op Twitter bekendmaak hy gaan ’n tweede keer deel van Calvin Klein se onderklere­reeks wees. Justin is een van die vermaakste­rre in die #mycalvins-veldtog, waar modelle en sterre in die advertensi­es verskyn en die “Ek … in #mycalvins”-uitdrukkin­g in hul eie woorde voltooi.

TERUG OP INSTAGRAM

Skok. Woede. Hartseer. Dís al die emosies wat Beliebers deurmaak wanneer Justin sy profiel op Instagram verwyder, soos verlede jaar nadat hy en sy eks Selena Gomez ’n uitval gehad het. Gelukkig het hy teruggekee­r en kon ons weer na van sy cool foto’s staar. Hier is van ons gunsteling­e. 1 Ag moeder! Justin het op sy verjaardag ’n reeks foto’s op Instagram geplaas. 2 Praat van #squadgoals! Justin hang hier uit saam met onder andere DJ Khaled (links) en Lil Wayne (middel). 3 Justin het nog altyd die aandag getrek wanneer hy van haarstyl verander – ons hou nogal van dié een. 4 ’n Gewilde popster moet darem ook weet hoe om pret te hê.

SY GRAMMY- SUKSES

Hy is al op Comedy Central se Roast gespot omdat hy nog nie ’n Grammy gewen het nie. Maar kritici het op hul neus gekyk toe hy die Grammy vir beste dansopname in 2016 wen met Where Are U Now. Sy snit What Do You Mean? het die topplek op die Billboard Hot 100-trefferlys gehaal. Kort daarna het Sorry en Love Yourself ewe goed gevaar. G’n wonder twee konserte in Madison Square Garden, New York, is binne 30 sekondes uitverkoop nie.

 ??  ?? 1 2
1 2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa