Huisgenoot

DIE D SKOONOUERS

-

Carole Middleton (62) se elegante poeierblou rok en baadjie op haar o oudste dogter se troue was ’n treff fer. Dié keer deel sy die kollig met Ja James se ma, Jane, ’n slanke, glansryk ryke kunstenare­s. Sy is in die destydse Rhodesië gebore en h het beeldende kuns in Suid-Afrika studeer. O Op 21 is sy na Londen, waar sy vir diedi modehuisdh iC Christian Dior gewerk het. Daar het sy ’n aantreklik­e afgetrede motorrenja­er, David Matthews (nou 72), ontmoet, wat kort tevore van sy eerste vrou geskei is. Hy het danksy ’n belegging in ’n maatskappy wat tweedehand­se motors verkoop ’n miljoenêr geword. In 1995 het hy Eden Rock, ’n hotel op die Karibiese eiland Sint Bartolomeu­s, gekoop. Hy en Jane het die hotel opgeknap en dit saam met hul drie seuns betrek. Vandag is Eden Rock een van die mees eksklusiew­e vakansieoo­rde ter wêreld. Glansmense soos Beyoncé en Elton John het al daar tuisgegaan.

Wat is ’n aanloklike kopie vir ’n Brit wat ’n fortuin gemaak het? ’n Titel, natuurlik. Toe David ’n landgoed van 4 000 ha op die Skotse Hoogland koop, het hy die lord van Glen Afric geword, ’n titel wat James ná sy dood sal erf. Pippa sal dan as lady Glen Afric bekendstaa­n. Sy sal nou wel nie ’n hertogin soos ousus Kate wees nie, maar ’n titel is ’n titel.

Al rol die bruidegom se pa in die geld, berig die Daily Mail Pippa se ouers sal volgens tradisie vir die troue betaal. Carole, ’n oudlugwaar­din, het glo volgens ’n streng begroting gewerk. Sy het dit luidens berigte oorweeg om ’n partytjieb­eplanner aan te stel, maar nadat sy talle geweeg en te lig bevind het, het sy besluit om als self te reël. Sy en manlief het immers ryk geword uit ’n besteldien­s vir partytjieb­enodigdhed­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa