Huisgenoot

DIE WIPPLAN WIPPLANK-WERKLIKHEI­D VAN ’N NUWE MA!

EIE TV- REEKS VIR ANGELIQUE EN BABA JACQUES’IE

- (Blaai om)

GEWOONLIK is dit sy wat die kollig steel en die koppe laat draai waar sy ookk al gaan. Maar vandag word nie oor Angelique Potgieter ge-oe en ge-aa nie. Nee, alle oë is gerig op die bulletjie wat die fyngeboude aktrise en TV-aanbieder in haar arms vashou. Boonop is Jacques jr. – of Jacques’ie, soos Angelique hom noem – op vyf f maande ewe tuis voor Huisgenoot se kamera as sy beeldskone ma.

Dis dan ook geen wonder nie dat maa en seun saam voor die TV-kameras ingeskuif het vir hul eie werklikhei­dsreeks, Angelique & Jr., op die DStv-kanaal VIA. Daarin neem sy kykers en voornemend­e ma’s op ’n ontdekking­sreis oor babas.

Dit is vir Angelique (34) self ’n leerervari­ng, want al is ma-wees wonderlik, gee sy toe dis nie aldag vir haar maklik nie. “Ek is ’n beplanner en het voor sy geboorte ’n klomp bababoeke gelees, maar geen boek kon my voorberei op wat voorgelê het nie,” erken sy. “Elke kind is uniek.

“Die eerste paar weke was rof. Ek het nie geweet of ek kom of gaan of besef hoe intens ma-wees is nie. Ek is ’n enigste kind en het geen ervaring van babas gehad nie. Ek word nie omring deur susters of broers met kinders nie. My vriendinne het babas, maar dit was altyd net sien, vashou en teruggee,” verduideli­k sy. y.

“My baba was die heel eerste kindd wie se doek ek omgeruil het, die eerste e een wat ek bottel gegee het en die eerstee wie se winde ek uitgevryf het.”

Sy skud haar kop toe sy terugdink k aan die dae in die hospitaal in Japan waar klein Jacques sy opwagting op 16 Novemvembe­r gemaak het. Sy pa, die Bulls-rugbyugbys­peler Jacques Potgieter (30), het toeoe vir ’n Japannese klubspan uitgedraf.

“Ek het nie eens geweet ’n mens moet jou kind se winde uitvryf nie. Die susteruste­r het vier dae ná sy geboorte in gebrokebro­ke Engels vir my gesê: ‘Jou kind is dalk k ongemaklik omdat hy nog nie ’n wind d gebreek het nie.’

“As dit nie daarvoor was nie, sou ek nooit geweet het waarom hy ongegemakl­ik was nie.”

Ná nege weke van bitter min slaap aap het die nageboorte­like depressie haar beetgepak.

“Ek het besef ek het hulp nodig,” vertel Angelique. “Ma’s wil dikwels nie hê mense moet dink hulle is ondankbaar wanneer dit te rof raak nie, maar ek besefef dit het niks met ondankbaar­heid te doe doen nie. “Dit maak nie van jou ’n slegte ma as jy sukkel,su foute maak of hulp vra nie. “My g gebedslewe is konstant. Ek bid heeltyd vir w wysheid en insig oor my kind.”

DIE min slaap ná haar eersteling se geboorte was vir haar die grootste aanpassing, vertel Angelique in haar en haar man se gesellige vierslaapk­amerhuis in die ooste van die Jakarandas­tad.

Die Potgieters het hier kom nesskop nadat hulle sowat vier maande gelede uit Japan teruggekee­r het. Jacques gaan steeds buite die Superrugby­seisoen in die Ooste vir die klubspan Munakata Sanix Blues speel.

Aan die begin wou Angelique alles self doen, selfs al het haar ma, Lynette Stemmet (56), uit Pretoria gekom om haar ná die geboorte met die baba te help. “Toe my ma aanbied om te help, wou ek nie die hulp aanvaar nie.

“Ek het geweet in Suid-Afrika gaan ek dikwels alleen wees terwyl Jacques vir wedstryde weg is en ek wou gewoond raak aan die druk.”

Sy het nie genoeg melk gehad om te borsvoed nie. Sy moes baie tyd daaraan bestee om haar uit te melk en dan die moedersmel­k met formulemel­k aan te vul. Ná nege weke het sy uitgebrand. Dit was kort nadat sy en Jacques’ie teruggekee­r het na Suid-Afrika. Pa Jacques was toe nog in Japan.

“Ek het 12 uur aaneen net gehuil, so moeg was ek,” onthou Angelique. Weens die uitputting het sy nageboorte­like depressie gekry. Sy het by haar ginekoloog om hulp aangeklop en Eglonyl begin neem om haar gemoed te stabilisee­r en die vervaardig­ing van moedersmel­k aan te help.

Haar ma het daardie aand by haar kom oorbly sodat sy kon rus. Maar Angelique het drie keer wakker geword en opgestaan om te gaan kyk hoe dit met Jacques’ie gaan. “My ma’t met my geraas: ‘Angelique, gaan slaap nou!’ ” vertel sy.

Dit was die eerste keer in nege weke dat sy vyf uur geslaap het. Hulle het daarna ’n kinderoppa­sser, Sammy Snyman, aangestel.

“Sy is ’n groot seën. Met haar hulp voel ek soos ’n nuwe mens,” sê Angelique.

Ná net ’n week het sy opgehou om die Eglonyl te gebruik en ook ophou borsvoed omdat haar melk steeds te min was. Noudat sy genoeg hulp het, is haar ge moed “100 persent” en geniet sy moederskap, sê Angelique.

Haar baba is nou in ’ n baie oulike stadium, vertel die trotse ma.

“Hy lag so lekker uit sy maag. Wanneer hy soggens wakker word, gee hy ons so ’n skaam laggie en hy het die mooiste ou kuiltjie. Hy begin nou uitreik na goed; alles gaan reguit mond toe. Ek dink hy het die lekkerste vingers, want hulle is heeltyd in sy mond!”

Pa Jacques is ewe trots op sy kleinman. “Ek dink Jacques wil hê hy moet eerste ‘Pappa’ sê, want hy eindig elke sin met die woord ‘Pappa’: ‘Môre, Pappa. Jy is oulik, Pappa. Ek is lief vir jou, Pappa,’ vertel Angelique en rol haar oë terwyl sy haar man se sêgoed aanhaal.

“En Jacques’ie is so lief vir sy pappa.

Pappa kry die heel meeste glimlagte,” voeg sy by.

Die kleinding kry vandag sy eerste happie vaste kos. Sy ma het gestoomde appel vir hom fyngemaak. Hy het omtrent ’n eetlus en groei bitter vinnig uit sy klere.

“Ons moet byna elke week klere wegpak. Toe die pediater hom met die eerste besoek ná sy geboorte meet en weeg, het hy dit twee keer gedoen. Hy kon nie glo hoe lank en swaar ons seuntjie is nie.”

Hy aard duidelik na sy pa, wat ’n volle 1,94 m in sy sokkies staan.

Die tempo waarteen Jacques’ie groei, laat Angelique besef sy moet die dae geniet dat sy sy babalyfie teen haar kan vasdruk.

“As ek weer sien, gaan hy my wegstoot en nie meer my soene of drukke wil hê nie; dus druk en soen ek hom nou op.”

ALLES in die Potgieters se huis het in die laaste paar maande verander. “My tyd vir oefen, die tyd vir my man, my eie tyd . . . Alles is minder,” vertel Angelique. “Ons seuntjie is die nuwe baas in die huis. As hy nie wil slaap nie, dan wil hy nie slaap nie. As hy wil eet wanneer ons iewers heen op pad is, moet alles eers tot stilstand kom tot hy geëet het. Jou lewe bly nie dieselfde nie.”

Maar die bondeltjie liefde maak al die opoffering­s die moeite werd, sê sy.

Tydens ons fotosessie loer pa Jacques in. Hy is ’n paar weke op die krukkelys nadat hy in ’n wedstryd harsingsku­dding opgedoen en sy kakebeen beseer het.

Daarna het Angelique vir hom gesê: “Lyk my ons seuntjie gaan maar eerder atletiek moet doen.” Maar sy vertel: “Pappa wil natuurlik niks weet nie: Sy seuntjie gáán rugby speel!”

As Jacques op ’n naweekdag nie ’n wedstryd hoef te speel nie, speel hy soggens met die baba sodat Angelique ’n bietjie later kan slaap. “Niks ter wêreld kan vergelyk met daardie gesiggie wat vir jou glimlag nie,” vertel Jacques.

Hy is versot op hul kleinding, bad hom gereeld en skrik ook nie vir doeke omruil nie. Al waarmee die nuwe pa sukkel, is om sy seun aan die slaap te kry. “Ek is hiperaktie­f en kry nie eens myself aan die slaap nie!” laat hy hoor.

Al is daar nou ’n baba in die huis, bly gehaltetyd vir Jacques en Angelique belangrik.

“Jacques is ’n baie liefdevoll­e mens wat my graag vashou en van drukke en soene hou,” vertel sy blonde vrou.

“Ek hou ook van aanraking, maar met die baba kan ek soms vasgevang en besig raak. En dis waar Jacques ongeloofli­k is; hy bly nie stil nie, hy herinner my: ‘Hei, jy het my nog nie vandag gedruk of aan my aandag gegee nie.’ Hy klim nie in sy dop nie. Hy hou die balans reg sodat ons steeds gehaltetyd vir mekaar inruim. Ek dink dis belangrik, want anders kan ’n mens maklik uitmekaard­ryf.”

In Japan het hulle baie gehaltetyd saam gehad. Hulle koester wonderlike herinnerin­gs aan die vier maande dat hulle daar was. “Die mense is vriendelik en hulpvaardi­g,” vertel Angelique.

“Maar die taalverspe­rring is regtig rof, die winters bitter koud en die somers verskrikli­k warm. Dis lekker om nou weer my ma en vriendinne naby te hê. Ons geniet die weer en almal verstaan ons.”

In Japan het Jacques’ie nog in ’n bababed langs sy ouers se bed geslaap, maar hier het hy sy eie babakamer.

“Ek het alles in grys, wit en ligblou versier,” vertel Angelique, “maar toe ek eendag by die huis kom en by die babakamer instap, het pappa ’n klomp kleurryke Winnie the Pooh-plakkers teen een van die mure geplak. Hy was so opgewonde daaroor dat ek dit maar gelos het,” lag sy.

Dis vir haar en Jacques belangrik dat Jacques’ie sterk morele waardes sal hê en alle mense respekteer. “Ek wil nie hê my seun moet enigiemand oordeel oor hoe hulle kies om te leef of oor wat hulle besluit om te doen nie,” sê Angelique.

“Die meeste van ons vriende het babadogter­tjies. Jacques spot altyd en sê ons vriende sal hul dogters eendag moet toesluit, want ons laaitie gaan hulle almal vry. Dan sê ek net: ‘Nee, ek gaan my seuntjie reg grootmaak. Hy gaan ’n vrou

‘Niks kan vergelyk met daardie gesiggie wat vir jou glimlag nie’

respekteer en net iemand vry as hy regtig van haar hou.’

“Jacques wens my net sterkte toe, want hy sê: ‘ Vry is mos lekker!’ ”

Hul kleinding het reeds ’n wil van sy eie. “Hy is so ’n vriendelik­e seuntjie, maar as hy nie wil lag nie, dan wil hy nie lag nie. En omdat hy sulke vet wangetjies het, kan hy regtig kwaai lyk. Daarom noem Jacques hom soms Knorries.” Die mannetjie lyk ook nes sy pappa. “Hy is Jacques uitgeknip: hande, tone, bene, boudjies, skouerspie­rtjies, mond, neus, oë, ore, haarkleur . . . Alles is pappa s’n. Hy het bitter min van mamma gekry,” sê Angelique.

Gelukkig lyk hy net so op sy gemak voor die kameras as sy aktrise-ma wat as Angelique Gerber die rol van die Roemeen Clara in 7de Laan gespeel het.

IN Angelique & Jr. gee verskeie kenners vir haar raad oor ouerskap, onder meer oor babas se slaappatro­ne, voedingsbe­hoeftes en veiligheid. Kykers kry ook ’n blik op die Potgieter-gesin se lewe agter die skerms. Dis haar reis – die reis van ’n ma, vrou, vriendin en aktrise – en hoe sy alles bymekaarho­u, vertel Angelique.

“Ek geniet elke oomblik van die reeks, want ek hoef nie my kind by die huis te los nie. Hy is heeltyd saam met my.”

Die TV-kameras het begin rol toe Jacques’ie 10 weke oud was, maar in die program word ook insetsels vertoon wat Angelique self tydens haar swangerska­p geneem het.

Die besluit om die kameras in haar gesin se lewe en huis toe te laat het sy nie ligtelik geneem nie.

“Ek weet daar gaan mense wees wat gaan verskil oor hoe ek my kind grootmaak. Dis vir my ’ n skrikwekke­nde gedagte, want ek is maar sensitief vir lelike kommentaar.”

Aan die ander kant besef sy dit is ’n reeks waarmee ander ma’s hulle sal kan vereenselw­ig. “Dis leersaam vir my en ek dink dit gaan ook insiggewen­d vir ander mammas wees. Ek sê wanneer ek sukkel en dit vir my moeilik is, of wanneer ek moeg of onseker is. Ek vertel hoe ek met die baby blues gesukkel het.

“Ek het nie ’n teks gekry nie en dis nie beplan nie; alles is opreg en eg.”

Kort ná klein Jacques se geboorte het Angelique haar vietse lyf teruggekry. Tog vertel sy sy was lank laas in die gim. “Ek sukkel om deesdae by die gim uit te kom, want as ek ’n paar ekstra minute kan slaap, gryp ek die kans aan.”

Jacques’ie sorg wel dat sy bly ronddraf. “’n Kleinding hou jou maar aan die gang; daar is nie tyd vir leeglê nie.”

Angelique volg al die afgelope twee jaar ’n veganistie­se dieet, sonder enige diereprodu­kte soos vleis, eiers of suiwelprod­ukte, met min vet en volop koolhidrat­e. Sy voel “gesonder en meer energiek as ooit”, vertel sy.

Sy sal ook later vanjaar op TV te sien wees as die aanbieder van die danskompet­isieprogra­m Dans in Jou Taal op kykNET. “Ek sien vreeslik uit daarna, want ek het 15 jaar ballet gedoen.”

Nog ’n projek waaraan sy werk, is ’n rolprent, Kop bo Water. Dit is haar en die aktrises Christel van den Bergh en Nina Marais se geesteskin­d, en hulle hoop om dit later vanjaar te verfilm. “Dit is ’n donker komedie oor drie susters wat ná ’n tragiese gebeurteni­s weer by mekaar uitkom. Dit is dan dat die konflik ontstaan en die humor na vore kom,” vertel Angelique oor die storie wat op ’n ware verhaal gegrond is.

Die draaiboeks­krywer is Zanandi Botes en die regisseur Maridi Jooste; hulle het nog nie ’n vervaardig­er nie.

GAAN die ooievaar dalk tussen al die bedrywighe­de deur nog ’ n draai by die Potgieters kom maak?

“In dié stadium wil ek Jacques’ie net eers tot by ’n jaar kry,” sê Angelique. “Omdat die pyn tydens sy bevalling baie traumaties was (sy was 17 uur lank in geïnduseer­de kraam) en ek ’n bietjie baby blues gehad het, is dit vir my ’n groot stap. Jacques wil dadelik nog ’n kind hê. Nie môre nie, maar nou dadelik,” beklemtoon sy.

“Hy wil ons seuntjie baie graag ’n boetie of sussie gee, juis omdat ons albei enigste kinders is. Ek wil eers nog ’ n bietjie tyd hê om ons seuntjie te geniet en ’n bietjie te rus. So ons sal nog sien.”

Angelique & Jr. word op Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai en die episodes word Sondae om 18:30 herhaal.

In 26 April se aflewering verskyn tonele wat tydens Huisgenoot se onderhoud en voorbladfo­tosessie met Angelique en baba Jacques agter die skerms verfilm is.

 ??  ?? REGS: Jacques’ie is die nuwe baas in die Potgieter-huis. ONDER: Sy pa kry die meeste glimlagte. REGS ONDER: Ná ’n moeilike begin geniet Angelique ma-wees.
REGS: Jacques’ie is die nuwe baas in die Potgieter-huis. ONDER: Sy pa kry die meeste glimlagte. REGS ONDER: Ná ’n moeilike begin geniet Angelique ma-wees.
 ??  ??
 ??  ?? Foto’s: LUBABALO LESOLLE HOOFFOTO: Angelique en Jacquesa Potgieter kan skaars genoeg kry van hul eersteling, Jacquesa jr. LINKS: Sy en haar kleinding is saam op TV te sien in Angelique g LINKS ONDER:& Jr. Dis li D lique vir belangrikA­ngedat std sterk...
Foto’s: LUBABALO LESOLLE HOOFFOTO: Angelique en Jacquesa Potgieter kan skaars genoeg kry van hul eersteling, Jacquesa jr. LINKS: Sy en haar kleinding is saam op TV te sien in Angelique g LINKS ONDER:& Jr. Dis li D lique vir belangrikA­ngedat std sterk...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Angelique sê met dié dat Jacques jr. so vinnig groei, moet sy die dae geniet dat sy hom nog teen haar kan vasdruk. LINKS: Al sukkel sy om weer by d die gim uit te kom, gee hy haar volop oefening.
BO: Angelique sê met dié dat Jacques jr. so vinnig groei, moet sy die dae geniet dat sy hom nog teen haar kan vasdruk. LINKS: Al sukkel sy om weer by d die gim uit te kom, gee hy haar volop oefening.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa