Huisgenoot

Lag ’n Slag

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Lag ’n Slag, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies @huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekening

-

MISVERSTAN­D

Die blondine bel haar kêrel: “Kom gou. Ek het ’n legkaart gekoop en daar is duisende stukke. Ek weet nie waar om te begin nie.”

Kêrel: “Wat moet dit wees wanneer dit klaar gebou is?”

Blondine: “’n Hoenderhaa­n.” Die kêrel jaag daarheen, stap by die huis in en bekyk die stukke wat oral lê.

Hy tel die boks op en sê: “Ai, my engel, hiermee gaan jy nooit ’n hoenderhaa­n gebou kry nie. Gaan maak jy vir ons tee, dan gooi ek gou die graanvlokk­ies terug in die boks.” WOLLIE, PRETORIA

UITGEVANG

Op ’n Maandagogg­end roep ’n werkgewer een van sy werknemers na sy kantoor. “Glo jy aan ’n lewe ná die dood?” vra hy hom.

Die werknemer is verbaas oor die vraag, maar antwoord: “Ja, Meneer.”

“Ek is bly om dit te hoor,” sê die werkgewer, “want Vrydagmidd­ag nadat jy verlof gevra het om na jou ouma se begrafnis te gaan, het sy hier aangekom om jou te sien.” PVDB, STRAND

VINNIG GELDMAAK

’n Man stap by ’n prokureur se kantoor in en vra wat die koste van ’n konsultasi­e is.

Hul standaardt­arief is R1 000 om drie vrae te beantwoord, verduideli­k die prokureur. “Maar is dit nie te duur nie?” vra die man. “Ja,” antwoord die prokureur. “En wat is jou derde vraag?” PVDB, STRAND

KOUDGESIT

Een oggend vroeg sluip ’n man suutjies uit die bed, loop op sy tone deur die huis na die agterdeur, sluit dit oop, pak al sy visvanggoe­d in sy bakkie en klim in. Hy ry in trurat tot by sy boot en haak dit aan, maar die wind waai verskrikli­k en dis baie koud.

Hy klim terug in die bakkie, skakel die radio aan en luister na die weervoorsp­elling. Hy hoor sterk stormwinde en reën word vir die hele naweek voorspel.

Toe haak hy maar die boot af, pak alles weg, gaan weer suutjies by die huis in en klim terug in die bed. Hy fluister vir sy vrou: “Sjoe, maar dis sommer koud buite.”

“Ja,” antwoord sy slaperig. “En kan jy glo my man het vir die hele naweek gaan visvang?” G. CLAASSEN, POTCHEFSTR­OOM

GELUKKIGE MAN

’n Seuntjie oordink alles wat hy by die Sondagskoo­l hoor vreeslik en vra sy pa: “Wat was Adam se skoonma se naam?”

Sy pa antwoord: “Hy het nie ’n skoonma gehad nie; jy moet onthou hy het in die paradys geleef.” RIFAT VAN WYK

DUIDELIKE TEKEN

Hoe weet jy watter rouklaer is ’n blondine?

Die een wat sing: “Lank sal hy lewe . . .” D. SMIT, MOKOPANE

ANDERSTE AFSPRAAK

’n Padda besoek ’n waarsêer en sy voorspel: “Jy gaan binnekort ’n mooi en slim jong meisie leer ken, en sy sal als oor jou te wete wil kom.”

“Fantasties!” sê die padda. “En waar sal ek haar ontmoet, by ’n fees of so?”

“Nee,” antwoord die waarsêer. “In die biologiekl­as.” DENISE, PRETORIA

DUUR KUUR

“Help hierdie middel regtig vir hare wat uitval?” vra die kliënt sy haarkapper.

“Ja, beslis. Een van my kliënte, wie se kop so kaal soos ’n eier is, het gesê toe hy die rekening kry, kon hy sy hare uit sy kop trek.’’ L. SAAYMAN, SABIE

G'N DEUGNIET

“Jy kry nooit iets reg nie,” kla die onderwyser. “Watter werk sal jy eendag kan doen?” “Wel,” antwoord die leerder, “ek kan ’n weervoorsp­eller word.” SAN MARCHAND

GROOT VERBETERIN­G

Koos het ’n oog op oom Jan se mooi dogter, maar ongelukkig is die oom net so kwaai soos wat sy dogter mooi is. Ná ’n paar probeersla­e om daar te gaan kuier vertel Koos vir sy beste vriend, Piet: “Ek dink oom Jan begin nou van my hou.’’

“Hoe so?’’ vra Piet. “Het hy jou nie weer by die agterdeur uitgegooi nie?’’

“Ja, hy het,’’ antwoord Koos, “maar vanaand het hy eers die deur oopgemaak.’’ BASIE, RANDFONTEI­N

KLAAR TE LAAT

Teen die tyd dat ’n vrou besef haar ma was toe heeltyd reg, het sy ’n dogter wat dink sý is verkeerd. HESTER, NAMIBIË

UIT DIE BOEKE

Koos: “Ek het ’n sprokieshu­welik.” Piet: “Nou hoe so?’’ Koos: “Elke aand wanneer ek by die huis kom, sit ’n heks op die bank in die sitkamer.’’ F.H. HORNE, HARTENBOS

SOEK DIE VERSKIL

Wat is die verskil tussen ’n eiendomson­twikkelaar en ’n omgewingsa­ktivis?

’n Eiendomson­twikkelaar is iemand wat in die bos ’n huis wil bou.

’n Omgewingsa­ktivis is iemand wat reeds ’n huis in die bos het. L. SAAYMAN, SABIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa