Huisgenoot

Keer nou al later se berou

Solank ’n mens leef, het jy kans om te verhoed dat jy eendag berou gaan hê oor jou lewensloop

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N

AL OOIT gewonder waaroor die meeste mense op hul sterfbed spyt is? Die Australies­e verpleegst­er en berader Bronnie Ware het in 2009 in ’n artikel vertel wat sy uit die laaste oomblikke van haar pasiënte geleer het, en die wêreld laat gons.

Mense wens hulle het liewer hul drome nagestreef en nie die lewe probeer leef wat ander van hulle verwag het nie, het sy geskryf.

Baie het gewens hulle het hulself nie so oor ’n mik gewerk nie; ander dat hulle meer dikwels hul mening gelug en beter kontak met goeie vriende behou het. En baie was jammer dat hulle nie hulself toegelaat het om gelukkiger te wees nie.

Sy het later ook ’n boek, The Top Five Regrets of the Dying, daaroor geskryf. En jare later praat mense steeds oor Bronnie se insigte langs die sterfbed.

“Wanneer iemand aan die einde van hul lewe is, is dit natuurlik om terug te kyk op alles wat hulle gedoen en geleer het. Saam met dié oënskou kom perspektie­f,” sê dr. Nelmarie Boshoff, ’n sielkundig­e van Roodepoort.

Die groot vraag bly natuurlik: Hoe gemaak as ’n mens berou aan die einde van jou lewenspad wil vermy?

1EK WENS EK HET NIE SO HARD GEWERK NIE

Om te hard te werk beteken jy kry nie uit wat jy insit nie, verduideli­k Refilwe Marathe, ’n lewensafri­gter van The Human Refinery in Johannesbu­rg.

“Jy verdien dalk baie geld, maar het te min tyd vir jouself en jou gesin,” sê sy.

Refilwe sê die g gevaarligt­eg moet flikker wanneer jou werk jou lewensgeha­lte nadelig beinvloed. Dis ’n gevaarteke­n wanneer jy opsien daarna om werk toe te gaan of jy voel jy word nie by die werk waardeer nie. Konflik in jou huwelik of met jou kinders kan ook wys jy werk te hard, sê Brian Blem, ’n sielkundig­eg van Dainfern in Gauteng. Maar hoe gemaak? “Ontleed jou werkomgewi­ng, besluit wat moet verander en maak daardie veranderin­gs,” sê Refilwe. “Maak“M seker jy verlaat die kantoor op ’n redelike tyd en moenie jou werk huis toe vat nie.” Brian sê dit is belangrik omo perke te stel. “Jy moet bepaal wat vir jou toelaatbaa­r is en wat nie. “En jy moet dit (aan die betrokkeb partye) verduideli­k.”d

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa