Huisgenoot

Dwelmversl­aafde se ma reik uit

Toe haar eie seun in dwelms verval, het dié ma tot aksie oorgegaan – en ’n roeping gevind

- Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto’s: SHARON SERETLO

JOU ma-hart gaan dood, jy kry skaam vir jou kind en jy slaap met ’ n mes onder jou kopkussing. Dit is wat gebeur wanneer jou kind in die kloue van dwelms beland. So onthou Dereleen James (40) die donker tyd toe die groot vrees van duisende ouers vir haar ’n werklikhei­d word. Die probleem is ouers het nie altyd die kennis om so ’n situasie te hanteer nie, verduideli­k sy. En Dereleen, ’n gemeenskap­sleier van die woonbuurt Eldoradopa­rk, suid van Johannesbu­rg, weet waarvan sy praat. Toe tik (metamfetam­ien) haar 14-jarige seun in 2009 oornag in ’n monster verander, was sy skielik in dieselfde bootjie as talle ander ouers.

“Jy raak antisosiaa­l en sny jou van die samelewing af,” vertel sy. Tot sy op ’n dag besluit het: “Maar dit is mos nie my geaardheid om te gaan lê nie.”

Sy begin toe op die internet soek na soveel moontlik inligting oor dwelmmisbr­uik, want sy wou haarself bemagtig. Die uiteinde van haar eie krisis was dat sy vier jaar gelede die steungroep Sharing Without Shame in Eldoradopa­rk gestig het.

’n Jaar gelede het die Crystal-kerk vir haar ’n groot perseel in die gemeenskap beskikbaar gestel waar inwoners, van tieners tot volwassene­s, elke dag kom aanklop vir hulp met hul verslawing. En verlede maand het Dereleen landwyd bekend geword toe sy vroualleen ’n woedende skare trotseer wat ’n tienerseun in die straat doodgeslaa­n het. Selfoonvid­eo’s wat wys hoe sy oor die seun buk om sy lewe te probeer red, is wyd in die sosiale media versprei.

Vandag is Miss D, soos sy in Eldoradopa­rk bekendstaa­n, ’n heldin vir almal wat teen dwelmverwa­nte misdaad opstaan. En dit het alles begin met haar eie kind, Kaelan, se verslawing sewe jaar gelede.

HY WAS vroeër ’n vrolike, liefdevoll­e kind, vertel Dereleen by haar hulpsentru­m. “Maar toe die tik hom vat, toe raak hy ’n wrede en aggressiew­e monster.” Daar was baie kere dat hy haar teen die muur vasgedruk en geslaan het, sê sy. En dan was daar die vloeke as sy nie vir hom geld wil gee of die voordeur wil oopsluit sodat hy strate toe kan gaan om dwelms te koop nie.

Woorde soos “f*k jou, b*tch” weergalm nou nog soms in haar kop, erken sy. “Ek het my afgesny van hom. Hy was in en uit by verskillen­de rehabilita­siesentrum­s. Sewe keer om presies te wees. Ek het my ook afgesny van die kerk en gemeenskap, want ek was skaam. Jy weet nie wat om te antwoord as mense jou vra wat jy met jou kind gaan doen nie. Hy het my goed gesteel vir dwelmgeld. Ek was bang vir hom. Snags was daar altyd ’n mes onder my kopkussing.”

Tog glo sy daardie traumaties­e ervaring was eintlik die beste ding wat met haar kon gebeur het. “Dit was die Here se manier om vir my te wys wat my eintlike doel in die lewe is.”

In 2013 het sy uit ’n goeie pos as be- leggingsko­nsultant by ’n finansiële maatskappy in Johannesbu­rg bedank om Sharing Without Shame in die gemeenskap te begin.

“Ek het geloop sonder om te weet waar môre se brood vandaan gaan kom. Maar die Here het nog altyd voorsien. Ek was nie verslaaf aan dwelms nie, maar Kaelan se verslawing het van my ’n ander soort verslaafde gemaak: Ek moes meer te wete kom oor dwelms, en ander in dieselfde bootjie help. Dit het my passie geword.”

Mense in die gemeenskap wat voel hulle het steun nodig, kom klop nou by haar en haar span vrywillige helpers aan. Dereleen evalueer elkeen eers en doen ’n

dwelmtoets. Sommige word na ’n staatshosp­itaal of rehabilita­siesentrum geneem, terwyl diegene wat net bystand benodig in die steunprogr­am van sowat drie weke lank opgeneem word.

Kaelan (nou 21), wat al 14 maande skoon is, help ook hier.

Dan vertel sy van daardie skokvoorva­l verlede maand toe sy haar lewe gewaag het om twee onbekende tieners se lewe in ’n woedende skare te probeer red.

Dié twee is vroeër deur die polisie ondervra oor ’n moord in die woonbuurt en is agterna vrygelaat. Maar ontstoke inwoners het geglo hulle het wel iets met die moord te doen gehad.

Soos gewoonlik wanneer iets in die ge- meenskap skeefloop, is Miss D ook daardie dag deur ’n inwoner gebel. ’n Groep oproeriges het voor ’n woonstelbl­ok saamgedrom en gedreig om een van die woonstelle aan die brand te steek. Dereleen het na die toneel gejaag en deur die skare gewurm tot voor die woonstelde­ur.

“Toe ek oopmaak, sit die jong man op die bank. Hy het gebewe van vrees,” onthou sy. “Ek het vir hom gesê hy moet saam met my kom, want hulle gaan die woonstel afbrand. Hy wou nie, want hy was te bang om uit te kom.”

Dereleen het haar arms om sy lyf gesit en hom oorreed. Met haar arms steeds om hom het hulle uitgegaan terwyl sy die skare, mense gewapen met stokke en metaalvoor­werpe soos pype, aandurf. “Maak plek; ek wil deurkom!” het sy op hulle geskree.

“En kan jy glo, toe maak hulle net so ’n pad vir ons oop,” vertel sy en beduie met haar hande. “Maar heeltyd het ek gevoel asof ’n koeël my in die agterkop gaan tref.”

Sy het die tiener in haar motor gelaai en na die polisiekan­toor geneem. Toe kry sy die volgende oproep: Nog ’n groep mense is besig om ’n jong man op ’n ander plek in die straat aan te rand.

“Daar aangekom, sien ek net so tussen hul bene deur hoe hulle die outjie op die grond slaan en steek.”

Maar sy het nie gedink nie, vertel Dereleen. “Ek het handevierv­oet oor sy liggaam gaan sit om hom te beskerm. Die hele tyd het ek net gebid dat ek nie gesteek word nie. Al waaraan ek kon dink, was dat niemand so mag doodgaan nie.”

Dereleen vou haar hande in ’n pleitgebaa­r onder haar ken terwyl sy verduideli­k hoe sy daardie dag die aanvallers gesoebat het om weg te gaan. “Asseblief, los hom uit,” het sy oor en oor gesmeek. “Hardloop net weg. Ek sal niks sê nie.”

Sy onthou hoe een van die aanvallers nog vir haar gesê het: “Oukei, Tannie.”

Iemand het sy liggaam onder haar uitgetrek om dit in ’n asblik te gooi.

Oomblikke later het die polisie opgedaag en die aanvallers het gevlug.

Hoe lank het sy so oor sy lyf gekniel? Nee, sy weet nie, antwoord Dereleen. “Maar dit voel soos drie dae.”

NÁ DIE voorval was sy so ontsteld, sy kon ’n week nie in die gemeenskap werk nie.

Sy voel emosioneel gedreineer, verduideli­k die sterk vrou wat nou met trane in haar oë hier sit.

“Die laaste tyd . . . Dis hard, man; dis net hard.”

Maar sy is immers almal se steunpilaa­r hier in die gemeenskap. “Dit voel oorweldige­nd, want die nood is so groot . . .”

Dan lui haar foon. Dis iemand wat wil weet wat om te doen as iemand vermis word.

Vanmiddag moet nog baie werk gedoen word, sê die ystervrou van Eldoradopa­rk toe ons groet.

Dereleen se hulpsentru­m en uitreikaks­ies is afhanklik van skenkings, onder meer kos en klere. Kontak haar by dereleen@stopdrugs.co.za.

‘Dit voel oorweldige­nd, want die nood is so groot . . .’

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Dereleen James (regs) se ondersteun­ingsgroep kom ná haar seun, Kaelan, se dwelmhel. BO: Urinemonst­ers gee leidrade oor dwelmmisbr­uik. HEEL BO: ’n Skermgreep van die video waarin Dereleen ’n tiener teen sy aanvallers beskerm.
HOOFFOTO: Dereleen James (regs) se ondersteun­ingsgroep kom ná haar seun, Kaelan, se dwelmhel. BO: Urinemonst­ers gee leidrade oor dwelmmisbr­uik. HEEL BO: ’n Skermgreep van die video waarin Dereleen ’n tiener teen sy aanvallers beskerm.
 ??  ?? BO: Llewellyn Berenge is al langer as ’n jaar dwelmvry ná hulp van die sentrum. ONDER: Sofie van Wyk is ’n vrywillige­r wat in die sentrum werk. Haar seun is ook ’n dwelmversl­aafde.
BO: Llewellyn Berenge is al langer as ’n jaar dwelmvry ná hulp van die sentrum. ONDER: Sofie van Wyk is ’n vrywillige­r wat in die sentrum werk. Haar seun is ook ’n dwelmversl­aafde.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa