Huisgenoot

VIERVOETIG­ES VERDIEN GOEIE SORG

-

DIT is weer skoolvakan­sie en langnaweke, wat beteken baie weggooidie­re gaan soos gewoonlik by die Dierebeske­rmingsvere­niging (DBV) beland. Wanneer hulle nie meer hokke vir al die weggooidie­re het nie, moet die DBV van hulle van kant maak, maar dan word hulle daarvan beskuldig dat hulle wreed is. Mense wat die DBV so kritiseer, het geen benul hoe ’n moeilike en hartseer werk daardie mense het nie. Dis hulle wat in die verstote troeteldie­r se ogies moet kyk wanneer hulle die noodlottig­e inspuiting toedien. Hoekom? Omdat sy eienaar die moeite of koste ontsien het om ’n oppasser te kry terwyl hulle alte lekker by die see gaan vakansie hou.

Dan word die DBV boonop vir hul aannemings­beleid gekritisee­r. Natuurlik moet die dier wat jy aanneem eers gesterilis­eer word. Daar is reeds te veel oulike babakatjie­s en -hondjies wat nie ’n huis het nie en waarskynli­k net weer by die DBV gaan beland om eindelik van kant gemaak te word.

As jy iets wil doen, laat sterilisee­r jou eie diere en oorreed almal met wie jy in aanraking kom om ook so te maak. Verduideli­k aan hulle hul basiese verpligtin­g teenoor hul troeteldie­re: kos, water, skuiling, liefde – en sterilisas­ie. Opvoeding is broodnodig. En meld altyd enige vorm van wreedheid teenoor diere aan. Onthou, as jy stilbly, is jy eintlik net so skuldig.

Moenie telers ondersteun nie. Hulle het nie ’n saak waarheen hul teefhond se kleintjies gaan nie; hulle soek net jou geld. As jy ’n troeteldie­r soek, gaan kry een by die DBV of enige ander reddingsor­ganisasie.

Maak hierdie vakansiety­d minder traumaties vir ons diere en ook vir al die mense wat by die DBV werk. CHRISTIA, MACHADODOR­P

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa