Huisgenoot

SUKKEL MET WAG VOOR HAAR MOND

-

Ek en my man is besig om te skei nadat hy ses maande lank ’n affair gehad het. Ons was 17 jaar getroud. Ek haat hom nou, maar weet ek kan dit nie wys nie en wil nie voor ons drie kinders van hom sleg praat nie.

Dis vrek swaar. Alles wat hy doen, is so half gek. Dis asof sy kop werklik uitgehaak het. Ek weet nie meer hoe om te maak om net hierdeur te kom sonder dat ek die kinders nadelig beïnvloed nie. Hulle is tieners en hul senuwees is klaar. Die ergste is: Ek weet ek het nie skuld hieraan nie. Tog voel ek as hulle iets hiervan oorhou, gaan ek glo dis ek wat van hulle angstige volwassene­s gemaak het. AE op KLO Jy sal wel kan kophou, juis omdat jy reeds so ’n nugter ingesteldh­eid het. Hou by die volgende riglyne: Moenie voor die kinders of oor die foon oor sake soos toesig of onderhoud baklei of konflik uitlok nie. Veral gesprekke oor geld kan kinders soos besittings laat voel. Sorg vir ’n goeie ouerskapsp­lan as deel van die egskeiding­sbevel en hou daarby.

Jou emosies gee by die huis die toon aan. Hoe minder emosioneel jy in jou kinders se teenwoordi­gheid is, hoe beter. Huil by die werk in die toilet of hou vir 10 minute langs die pad stil voor jy saans die huis binnestap, maar sorg dat jy in beheer van jou emosies is.

Hoe gouer en beter jy aanpas, hoe gouer sal jou kinders rustig word. Aanpassing begin by aanvaardin­g. Praat met ’n vertroueli­ng of berader oor jou vervreemde man se ontrouheid sodat jy dit kan begin verwerk. Dis ’n langdurige proses; hoe gouer jy dus daarmee begin, hoe beter.

Moet nou niks meer van jou vervreemde man verwag as wat jy tydens jul huwelik van hom sou verwag nie. Hoë verwagting­s word maklik op die kinders oorgedra. As dit nie ’n werklikhei­d word nie of beloftes word verbreek, sal dit hulle ontnugter en bitter teleurstel.

Probeer jou vervreemde man deur die kinders se oë sien pleks van deur joune. Onthou, hul kennis oor die besonderhe­de van die situasie is beperk – hou dit so – en hulle dink anders daaroor as jy. Dis moeilik maar haalbaar as jy jou elke keer doelbewus daarop instel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa