Huisgenoot

HOU JOU TONG IN SY TANDEHOK

-

Hoeveel keer het duisende Huisgenoot-lesers al na hierdie woorde van Ray Dylan se trefferlie­djie Jessica in sy kenmerkend­e hees rasperstem geluister.

En nou het hy sowaar ná verskeie liefdesdra­mas in die verlede met sy eie Jessica getrou (bl. 12). Ons joernalis Pieter van Zyl, wat die troue op Uitenhage bygewoon het, sê jy kan sien die paartjie is beste vriende en geniet mekaar se geselskap. Ons wens hulle baie geluk toe.

Een van die gaste op Ray se troue was die sanger Refentse, wat pas skoonskip gemaak het by die jaarlikse Ghoema-prysuitdel­ing vir prestasies in die Afrikaanse musiekbedr­yf. Hy was onder meer die wenner vir beste album van die jaar en manlike kunstenaar van die jaar, en het die ereprys vir beste verkoper gekry.

En dit op net 19 jaar oud en skaars twee jaar nadat hy in sy matriekjaa­r “ontdek” is toe ’n verbygange­r hom voor sy ouerhuis in Vereenigin­g op die sypaadjie hoor sing en ’n selfoonvid­eo daarvan op Facebook gedeel het. Dis om van hoendervel te kry.

Toe ons kort voor die toekenning­sgeleenthe­id met hom gesels, het hy nog vertel net ’n benoeming is vir hom goed genoeg, maar dit sal “kief ” wees om een te wen (bl. 22).

Mag daar nog vele “kiefs” vir die talentvoll­e jong man wees. Baiekeer fouteer ons self in die lewe. Wie is ons om ander te oordeel? God stel nie belang in ons optrede nie; Hy kyk na ons hart, daar waar net Hy kan sien.

Kom ons hou op om ander op hul baadjie te takseer. Spits jou toe op die goedheid van jou hart. Hoe minder seer en onmin ons saai, hoe beter gaan ons menseverho­udings wees.

Bly stil wanneer jy nie iets goeds oor iemand te sê het nie. Die tong is ’n klein liggaamsde­el, maar het groot mag. Die woorde wat jy uiter, sny dieper as enige swaard. Tem jou tong, want hy is die monster agter jou tande. WARM HART,

BLOEMFONTE­IN

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa