Huisgenoot

AS JY SKULD MÓÉT AANGAAN

Dit bly die slimste raad om lenings te vermy, maar met alles wat duurder raak, kan dit soms nie anders nie. Ons vergelyk die opsies

- Deur MIEKE VLOK

DIE ou raad werk nie meer nie. Al die jare het jou ouers, vriende, finansiële adviseur, almal wat iets van geld weet, jou uit een keel gewaarsku: Vermy skuld sover jy kan. Dit is ’ n bedrieglik­e monster wat stilletjie­s jou lewe binnesluip – ’n paar rand hier; ’n paar rand daar – maar kort voor lank ruk sake handuit en spat jou wêreld aan skerwe.

En tog, al weet jy dis goeie raad, kan jy ongelukkig net nie meer bekostig om skuld te vermy nie. Alles raak duurder. ’n Salaris wat jy voorheen tot die volgende betaaldag kon rek, het jy deesdae lank voor dan bestee.

Hoe nou? As jy dan skuld móét aangaan, hoe kan jy dit verantwoor­delik doen?

Neem drie dinge in ag, sê kenners: die rentekoers, die diensfooie en die lening se tydperk. “As dit al uitweg is, is die opsie met die laagste rentekoers en laagste diensfooie wat jy oor die kortste tydperk terug betaal, gewoonlik die beste,” is Letitia Watson, skrywer van Huisgenoot se weeklikse rubriek Jou Geldsake, se raad. “Jou bank, ’n finansiële adviseur of skuldkenne­rs kan raad gee hieroor.”

Moenie jou blind staar teen een faktor, soos die rentekoers, nie. Selfs al is die rentekoers laag, kan jou skuld steeds lelik duur raak as jy dit oor ’n te lang tydperk terugbetaa­l en die rente ophoop, sê Wikus Olivier, ’n skuldkenne­r by DebtSafe in Pretoria.

“Dit bly die slimste om skuld te vermy. As jy geld nodig het, besnoei eers op versekerin­gspremies, gimlidmaat­skap en luukses, of oorweeg ’n goedkoper mediese fonds,” sê hy. “Stel eerstens ’n begroting op, besnoei onnodige uitgawes en hou by jou begroting om die geldnood te verlig.”

 ??  ?? Skuld op ’n kredietkaa­rt kan ’n mens jare lank bind as jy dit nie van die begin af reg bestuur nie.
Skuld op ’n kredietkaa­rt kan ’n mens jare lank bind as jy dit nie van die begin af reg bestuur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa