Huisgenoot

Oortrokke rekening

-

Soms het ’n gewone lopende bankrekeni­ng, waar jou salaris en ander inkomste inbetaal word, ook die opsie dat jy meer geld kan trek as wat inderdaad in die rekening is. Jy gaan dan in die minus in met hierdie rekening en sodra jou inkomste weer inbetaal word, word dié skuld gedelg, verduideli­k Jan.

“Die oortrokke bedrag kan selfs net R250 of tot R250 000 wees.”

Die vereistes is byna nes dié vir ’n kredietkaa­rt, voeg Letitia by. Die bedrag waartoe jy toegang kry, sal afhang van jou kredietpro­fiel, inkomste en vermoë om die geld terug te betaal.

Maar hier loop ’n mens gevaar. By jou kredietkaa­rt hoef jy net elke maand ’n vereiste betaling aan die bank te maak. Maar met ’n oortrokke rekening gaan die volle bedrag wat op jou rekening uitstaande is elke maand van jou salaris afgetrek word om die uitstaande skuld op jou saldo uit te wis, sê Zuné Coetzer, ’n skuldberad­er van Bloemfonte­in.

As jou skuld dus meer as jou salaris is, kan jy selfs ná betaaldag met ’n nadelige saldo sit. Vind presies uit wanneer en hoeveel rente gehef word as jy die oortrokke rekening gebruik, maan Letitia.

Onthou ook dat jy nie na hartelus tot in die rooi kan gaan nie; anders gaan omtrent jou hele salaris volgende maand gebruik word net om die minus op jou bankrekeni­ng te herstel.

In so ’n geval sal maar min van jou salaris oorbly, jy sal ’n paar dae ná betaaldag weer in jou oortrokke rekening moet delf en kort voor lank sit jy in ’n skuldstrik waaruit jy nie kan loskom nie.

Die groot voordeel van so ’n oortrokke rekening is dat dit gewoonlik ’n laer rentekoers en fooie het as jou kredietkaa­rtrekening.

Maar oortrokke rekenings het moontlik nie rentevrye dae soos met kredietkaa­rtskuld nie. Na gelang van jou bank betaal jy dalk rente sodra jy in die rooi gaan.

“Moet dit nooit vir langtermyn­skuld gebruik nie,” waarsku Letitia; “dis eerder ’n oplossing vir ’n kontantvlo­eiprobleem.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa