Huisgenoot

DIS LEGO OP STEROÏEDE!

-

DIE skerm van sy skootreken­aar staan skuins, maar dit keer Jaco Kruger nie om ewe kunstig met Lego-blokkies ’n konstruksi­e daarop te begin bou nie. Hoe op aarde kry hy dit reg? Dis danksy buigbare plastiekkl­eeflint vol knoppies dat hy Legoblokki­es op enige oppervlak – selfs vertikaal teen ’n muur, spieël of aan weerskante van ’n ruit – kan staanmaak.

Maar waarom is ’n 52-jarige sakeman so gefassinee­r met dié boublokkie­s vir kinders? Daardie plastiekkl­eeflint waarmee jy jou Lego-boudrome nog wilder draaie kan laat maak, is die jongste uitvindsel van Chrome Cherry Design Studio in Kaapstad. Jaco is die besturende direkteur van dié ontwerpond­erneming.

Nog voor dit op die winkelrakk­e ver- Deur skyn, is die speelgoedw­êreld al kinderlik opgewonde daaroor. Toys R Us in Noord-Amerika wil eerste kans kry om Nimuno Loops ® , soos die spesiale kleeflint genoem word, 60 dae lank in hul 570 winkels daar te verkoop.

Dit maak ook geskiedeni­s as die skarebefon­dsing uit eie bodem wat die aanvanklik­e mikpunt op die Indiegogop­latvorm die verste oorskry het. Tans is dit in die 16de plek wat geldinsame­ling betref. Dit kan tot 12de klim, en dit vir ’n goedkoop produk. Jaco en sy span uitvinders het gehoop om sowat R112 000 in te samel om die produk te ontwikkel en in grootmaat te vervaardig. Maar binne 48 uur het ongeveer R14 miljoen ingestroom uit die sakke van 40 000 begeesterd­es wêreldwyd. Hulle sal die produk eerste ontvang. Teen druktyd het Jacohulle al sowat R23,8 miljoen ingevorder.

“Moontlik die beste uitvindsel van 2017,” noem die Amerikaans­e tydskrif USA Today hierdie “Lego-wonder”. Gerekende tegnologie­tydskrifte en ook die nuustydskr­if Time het daaroor berig. Video’s op YouTube verduideli­k ook al hoe dit gaan werk wanneer dit beskikbaar is.

En dit alles gebeur onder Jaco se vaandel. In ’n ou T-hemp en tekkies lyk hy meer soos ’n blommekind met ’n klap weg van die Virgin-baas, sir Richard Branson, as na die grootbaas van die gewilde Ybikes. Hierdie duursame plastiekfi­etse bekoor jong kinders al die afgelope dekade wêreldwyd en verbeter hul growwe motoriese vaardighed­e sodat hulle op twee wiele kan leer balanseer.

“Ek wil sorg dat kinders voordeel trek uit ons uitvindsel­s. Met Nimuno leer hulle fyn motoriese vaardighed­e deur die strokies in enige vorm te knip en dan die blokkies daarop te bou,” sê Jaco, die pa van Anja (18) en Emma (15).

Hy gesels met ons in ’ n vriend se “wegkruiphu­isie” by L’Agulhas aan die mees suidelike punt van Afrika. Hy het van “die lekker chaos van die laaste tyd” kom ontvlug.

Alles het begin toe Anine Kirsten (29), een van sy ondernemin­g se staatmaker­s in nywerheids­ontwerp, verlede jaar op ’n speelgoeds­kou in New York was. Danksy ’n vriend het sy daar begin belangstel in die ontwerp van aanvullend­e produkte vir Lego-blokkies. Die patent op dié Deense speelgoed het in 2011 verval.

Terug in die Kaap het sy en die span by Chrome Cherry idees begin bespreek en met die konsep van kleeflint vir Legoblokki­es vorendag gekom. Dit het ses maande geneem om te ontwikkel.

As skoolseun van Somerset-Wes het hy al “mal planne” gehad en daarvan gedroom om ’n uitvinder te word, vertel Jaco. Maar hy het eers ’n bosbougraa­d en ’n M.B.A. aan die Universite­it Stellenbos­ch verwerf, en daarna ’n restaurant­eienaar en sakeontwik­kelaar geword voor hy 10 jaar gelede saam met drie vriende uit sy studenteda­e sy eie ontwerpond­erneming gestig het.

Aan die einde van elke werkweek, op “Madhatters Fridays”, sit almal by ’ n kuierplek koppe bymekaar om nuwe idees uit hul verbeeldin­g op te tower. “gebeur wanneer ons dié idees bespreek,” verklap Jaco. “My kop is mal met nog idees,” voeg hy by. “Ons moet hulle net so gou moontlik op die mark kry.” EKSTRA BRONNE: SOMERSETLI­VE.CO.UK, CHROMECHER­RY.COM, NETWERK24.COM

 ??  ??
 ??  ?? PIETER VAN ZYL
PIETER VAN ZYL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa