Huisgenoot

OP DIE RAND VAN ’N 3DE WÊRELDOORL­OG?

As deel van ons 101-jarige bestaan help ons lesers sin maak van aktuele gebeure. Dié week: Kan die onmin tussen Trump en Poetin tot ’n katastrofe lei?

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

NOOIT weer nie, was die konsensus ná die afgryslike menseslagt­ing van twee wêreldoorl­oë. Toe kom die Koue Oorlog (onder meer die kernwapenw­edloop tussen Amerika en die Sowjetunie), maar die blote gedagte aan ’n kernoorlog tussen die kommunisti­ese Ooste en die kapitalist­iese Weste was genoeg om ’n Derde Wêreldoorl­og te verhoed. Dit sou die einde van die mensdom beteken, het kenners gewaarsku.

Mettertyd het die praatjies oor ’n derde wêreldkonf­lik amper na wetenskaps­fiksie begin klink, iets wat in rampflieks hoort. Maar nou, 72 jaar ná die val van Nazi-Duitsland en 27 jaar ná die Koue Oorlog, word weer kliphard gepraat oor ’n Derde Wêreldoorl­og, een wat sommer gou kan losbars.

Kyk ’n mens gereeld TV-nuus, staan jou nekhare orent. Die plofbare pres. Donald Trump van Amerika en die onvoorspel­bare pres. Wladimir Poetin van Rusland was taamlik onlangs oënskynlik nog maats, maar het intussen stry gekry – en dit oor die Siriese diktator, Basjar alAssad, wat sy landgenote met chemiese wapens uitmoor. Terwyl Russiese vliegtuie lustig meedoen aan Al-Assad se lugaanvall­e op Siriese rebelle en burgerlike­s, het Trump onlangs ’n missielaan­val op ’n Siriese lugmagbasi­s gelas.

Poetin se antwoord was om die Russiese vlag oor Siriese basisse te hys. Die boodskap aan Trump? Val jy Al-Assad aan, val jy Poetin ook aan.

Intussen speel Trump en die koddige Noord-Koreaanse diktator, Kim Jongoen, ’n dodelike blufspelet­jie. Trump waarsku hy gaan nie dreigement­e van Kim duld nie. Kim reageer deur missiele en kernbomme te toets. Dan is Trump ook gewikkel in ’n ekonomiese bekgeveg met die nuwe supermoond­heid, China.

En net om te wys hy is die sterkste ou op die speelterre­in, gebruik Trump toe die moeder van alle bomme, die wêreld se kragtigste konvension­ele wapen, om ’n paar dosyn vegters van die Islamities­e Staat (IS) in Afganistan uit te wis.

Het die wêreld mal geword? Is ons regtig op die randjie van ’n Armageddon?

“Ek glo nie die wêreld was al in ’n gevaarlike­r situasie as nou nie,” meen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa