Huisgenoot

WAAR STAAN SUID-AFRIKA?

-

Die paddastoel­vormige wolk van die Amerikaans­e megabom in Afganistan kan 30 km ver gesien word, en die plofkrag is gelyk aan 11 t TNT. Die bom se vernietigi­ngskrag kom nietemin nie naby kernwapens nie, sê Helmoed-Römer.

Die gebruik van die MOAB teen die IS was ook ’n waarskuwin­g aan vyandelike state, spesifiek ook Noord-Korea.

Hussein, nes baie ander ontleders, twyfel of veel strategies­e denke agter die Trump-administra­sie se militêre besluite sit. Wat die Tomahawk-missielvla­ag in Sirië betref, “het sy dogter Ivanka luidens sommige berigte gesê hy moet iets doen ná Al-Assad se gifgasaanv­al. Talle mense meen sy het ’n groot invloed op haar pa.”

En impulsiewe leiers wat wisselvall­ig is in hul uitsprake, dra by tot wêreldwye onbestendi­gheid. Ná Rusland se onttrekkin­g aan Afrika in die vroeë 1990’s het Poetin met sy bewindsoor­name in 2000 weer Russiese betrokkenh­eid hier begin najaag, sê dr. Frans Cronjé van die Instituut vir Rasseverho­udings. Dit was met twee strategies­e oogmerke:

“Die eerste was om Afrika-regerings vas te vang as ’n poel diplomatie­ke steun vir Russiese belange in forums soos die VN. Afrika-lande is die grootste geografies­e stemblok oor wêreldseku­riteit, menseregte-, handels- en beleggings­kwessies. Om dié stemblok te bekom sou Rusland se wêreldwye invloed verhoog.”

“Die tweede was om Afrika se energiebro­nne én -beleid te kaap in ’n poging om Europese lande – afhanklik van Russiese gasvoorsie­ning – enige toekomstig­e Afrika-energiealt­ernatiewe te ontsê.” Russiese maatskappy­e het aansienlik­e olie-, gas- en kernkragbe­leggings in Afrika begin maak.

Suid-Afrika se onlangse VN-stemrekord dui op ons steun vir Russiese strategies­e belange, meen Frans. EKSTRA BRONNE: NYTIMES.COM, THECONVERS­ATION.COM, REUTERS Meer as 20 miljoen kykers skuif voor die kassie in vir die eerste koninklike troue op televisie – dié van koningin Elizabeth II se jongste suster, prinses Margaret, en Anthony Snowdon, ’n Britse fotograaf en rolprentma­ker. Die troue volg ná Margaret se romanse met die geskeide vegvlieëni­er Peter Townsend – destyds een van die grootste skandale in die Britse koninklike familie. Margaret moes kies: Peter of haar koninklike voordeel en inkomste. Sy het laasgenoem­de gekies. Margaret en Anthony het 18 jaar later geskei.

Margaret Thatcher

word ingehuldig as die eerste vroulike eerste minister van Brittanje nadat haar Konserwati­ewe Party die Britse verkiesing gewen het. Dié dogter van ’n kruidenier was een van die invloedryk­ste politici van die 20ste eeu en was bekend as die Ystervrou. Haar ampstermyn het van 1979 tot 1990 geduur.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa