KOMMER OOR KERNWAPENS
Volgens Joelien Pretorius, professor in politieke studies verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland, het onderhandelings oor kernontwapening al in 1946 begin, ’n jaar ná Hirosjima. Maar gesprekke het uitgerafel namate die Koue Oorlog opgewarm het.
’n Verdrag oor die nieverspreiding van kernwapens, “die eerste bousteen op pad na ’n wêreld sonder kernwapens”, is in 1970 gesluit. Dit het state wat nie voor 1968 kernwapens gehad het nie, verhinder om dit te verkry. Dié aspek van die verdrag was eintlik heel suksesvol: Kernwapens het sedertdien na net nog vier state versprei.
Nege state het vandag kernwapens: Die oorspronklike vyf (Amerika, Rusland, Brit- tanje, Frankryk en China) en nou Indië, Pakistan, Israel en Noord-Korea. Laasgenoemde vier het nie die verdrag onderteken nie.
Vir die eerste 15 jaar van die verdrag het veral Amerika en Rusland se arsenale geweldig uitgebrei. Met die einde van die Koue Oorlog was daar wel ’n afname, maar die wêreld sit vandag steeds met sowat 15 000 kernwapens, en die planne vir hul modernisering is kommerwekkend, meen Joelien.
’n VN-resolusie met die oog op ’n verbod op kernwapens is verlede jaar aanvaar. Maar dis onrusbarend dat 40 uit 130 lande (insluitend dié met kernwapens) wat aan gesprekke deelgeneem het die onderhandelings oor die resolusie geboikot het.
Nelson Mandela
Die 75-jarige word amptelik by die Uniegebou in Pretoria as die eerste demokraties verkose president van Suid-Afrika ingehuldig ná die land se eerste verkiesing waaraan alle burgers kon deelneem die vorige maand.
– LARA ATSON BRONNE: NEWS.BBC.CO.UK, MAROELAMEDIA.CO.ZA, WIKIPEDIA.ORG, ONTHISDAY.COM, SAHISTORY.ORG.ZA, EDITION.CNN.COM, WASHINGTONPOST.COM