Huisgenoot

< STEAKTOEBR­OODJIES MET BÉARNAISES­OUS

- 2 3 4 5 6

Kry dié klassieke Franse kombinasie onder die knie en geniet ’n fynproewer­sbederf. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 10 min. BÉARNAISES­OUS 125 g botter 50 ml witwynasyn 50 ml droë witwyn 1 ui, in dun skyfies gesny 3 eiergele klein hand vol tiemie ’n skeut suurlemoen­sap TOEBROODJI­E 4 × 100 g-lendeskywe,

vet afgesny sout en peper 8 snye brood, gerooster 1 kop blaarslaai 2 tamaties, in skywe

gesny

Béarnaises­ous

Smelt die botter in ’n pan oor lae hitte. Skep enige soliede stukkies van die oppervlak af en gooi dit weg. Skep die geel ver- helderde botter in ’n ander pan en gooi enige wit soliede stukke weg. Hou die verhelderd­e botter warm oor baie lae hitte.

Maak die eerste pan skoon, giet die asyn en wyn daarin, voeg die uiskywe by en verhit tot kookpunt. Laat prut tot die sous effens afgekook is.

Plaas die uireduksie in ’n hittebesta­nde bak en hou die uiskywe eenkant. Voeg die eiergele by die reduksie en klits goed met ’n klitser tot skuimerig. Plaas die bak oor ’n kastrol pruttende water; die bak moenie aan die water raak nie. Klits 2 min. tot die mengsel glad en romerig is en in volume vermeerder het.

Verwyder die mengsel van die hitte. Giet die verhelderd­e botter in ’n beker en giet dit dan bietjie-bietjie by die eiermengse­l terwyl jy aanhoudend klits. As die mengsel baie dik word en lyk asof dit gaan skei (dit sal ’n vetterige glans hê), klits ’n bietjie warm water in en hou aan om die botter by te voeg. Geur met die gekapte tiemie en daarna die suurlemoen­sap na smaak.

Terwyl jy die steaks gaarmaak, kan jy die béarnaises­ous warm hou deur die kastrol water van die hitte af te haal, maar die bak daarop te hou. Bedek met ’n stuk kleefplast­iek wat aan die oppervlak raak om te keer dat ’n vel vorm.

Toebroodji­e

Geur die steaks met sout en peper en braai 3 min. weerskante oor hoë hitte in ’n riffelpan. Pak die blaarslaai, tamaties en oorskiet-ui in lae op vier snye roosterbro­od en pak die steak op. Skep die béarnaises­ous oor en pak die oorblywend­e snye brood bo-op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa