Huisgenoot

NUWE DVD’S

- R129*. Butterfiel­d) Eva Green), Asa 2016. 89 min. 16GrTG. 2015. 94 min. 16TVG. Gruwel. Riller. R139*. R135*.

MISS PEREGRINE’S HOME FOR PECULIAR CHILDREN

2016. 132 min. O1012GrG. Fantasie-avontuur. Ná die wrede moord op die 16-jarige Jake Portman (

se oupa gaan hy saam met sy pa, Frank (Chris O’Dowd), na Wallis op soek na antwoorde. Daar kom Jake af op ’n geheimsinn­ige portaal wat hom van 2016 na 1943 voer, waar hy kennis maak met Miss Peregrine ( die onwrikbare hoof van ’n skool vir begaafde jong mense met wonderlike vermoëns.

Aangesien die makabere nie vir hom vreemd is nie, was dit ’n inspireren­de keuse om die regisseur Tim Burton (Sleepy Hollow, Alice in Wonderland) aan die stuur van die verwerking van Ransom Riggs se blitsverko­perroman te hê. Dié rolprent is dikwels somber met volop geweld en gruwels, maar ongelukkig maak die storie nie veel sin nie. Die intrige, wat deels ’n raaisel is, word gou verstrenge­l in ’n rits verwarrend­e tydreiskas­kenades wat kykers gek kan maak. Die kinders en hul vermoëns herinner sterk aan die X-Men-reeks, met ’n soortgelyk­e tema, maar sonder daardie flieks se avontuurlu­stigheid. Selfs die veronderst­elde klimaks maak jou nie opgewonde nie.

Gelukkig skitter Green in elke toneel waarin sy is, en haar karakter se aweregse humorsin help die rolprent voortstu. Haar wonderlike toneelspel en Burton se gotiese grille is al rede om dié eienaardig­e fliek te kyk. – PETRUS MALHERBE * DVD’s is teen dié pryse beskikbaar by takealot.com.

2016. 96 min. 16TS. Komedie. Die partytjied­ier-broers Mike (Adam DeVine) en Dave (Zac Efron) bederf gereeld familietro­ues. Toe hul suster afhaak, stel sy ’n voorwaarde: Hulle mag net kom as hulle respektabe­le metgeselle bring om hulle dop te hou. So adverteer die broers vir metgeselle en kies die vriendinne Alice (Anna Kendrick) en Tatiana (Aubrey Plaza). Maar die skynbaar oulike meisies is nog wilder as Mike en Dave. Daar is heelwat vir die oog en ’n paar skreeusnaa­kse tonele in dié oordadige komedie, maar die grilhumor kan ’n mens afsit. – WILLEM MÖLLER

BLAIR WITCH

Moenie die lokfilm kyk nie; dit verklap die beste oomblikke. James Donahue (James Allen McCune) glo hy weet wat met sy vermiste suster, Heather (uit die vorige fliek), gebeur het. Hy en sy vriende vaar ’n woud in waaroor die gevreesde Blair Witch heers. Dié opvolg van die kultuspren­t The Blair Witch Project (1999) is tegnies baie beter, maar nie noodwendig meer geslaag nie. Destyds was ’n fliek wat saamgestel is uit kwansuis ontdekte beeldmater­iaal iets nuuts. Maar sedertdien het flieks met bewerige kameraskot­e ’n mens behoorlik seesiek gemaak. Die heks sorg eers na aan die einde vir skrikoombl­ikke. – PIETER VAN ZYL

DESIERTO

Onwettige immigrante probeer die grens tussen Mexiko en Amerika ongesiens oorsteek. Ongelukkig gewaar ’n sadistiese Amerikaans­e jagter (Jeffrey Dean Morgan) hulle en besluit om te keer dat hulle hul doelwit bereik – ’n lewe in die land van vryheid. Dié strak rolprent is gewelddadi­ge en skokkende kykstof wat jou leeg en rou laat voel. Die kyker is verward oor die jagter se beweegrede­s, en die groep se leier by verstek (Gael García Bernal) oortuig nie. Die fliek se redding is die onvoorspel­bare slot. Kyk dit net as daar niks anders is nie. – LYNN ELY Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g sonder vooraf kennisgewi­ng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa