Huisgenoot

MY SEER AGTER ’N FRONT

Harry is geloof toe hy 20 jaar ná sy ma se dood praat oor die verdriet wat hy weggesteek het en waarvoor hy hulp moes kry

- Saamgestel deur NICI DE WET

DIT was een van di die mees hartroeren­de tonele op ’n dag van wêreldwye rou: die figuur van ’n 12-jarige rooikopseu­n wat met geboë hoof en blosende wange saam met sy oupa, pa en broer langs die lykswa stap wat sy ma se oorskot na die Westminste­r-abdy in Londen neem vir haar begrafnis. Op die kis was ’n koevert met ’n enkele woord daarop: “Mummy.”

Vir die skare wat langs die roete saamgedrom en die wêreld wat die regstreeks­e TV-uitsending gevolg het van die begrafnis van Diana, die geliefde prinses van Wallis, het dit boekdele gespreek oor haar seuns, prinse Harry en William (toe 15), se verlies.

Tog het hulle in die openbaar g’n traan gestort nie, nes van groot seuns verwag word, veral bloubloed-Britte, ’n nasie wat bekend is vir hul stywe bolippe.

Maar nou, byna 20 jaar later, het Harry (nou 32) verklap hy het “meermale baie na aan ’n algehele ineenstort­ing” gekom, selfs al het dit gelyk of hy en William dapper met hul jong lewe aangaan.

Agter Harry se stoute glimlag, sorgelose houding en manewales op partytjies het ’n gekwelde siel geskuil, blyk uit ’n openhartig­e potgooi-onderhoud wat hy met Bryony Gordon van The Telegraph gevoer het. Daarin stort hy sy hart uit oor sy verdriet ná Diana se dood.

“Ek het dit probeer verwerk deur my kop in die sand te druk en te weier om ooit aan my ma te dink, want wat sou dit help? Ek het gedink dit sou my net hartseer maak en dit sou haar nie terugbring nie; daarom het ek uit ’n emosionele oogpunt gevoel: ‘ Nou goed, moet nooit toelaat dat jou emosies van enigiets deel uitmaak nie.’ ”

Harry vertel hy was ’n “tipiese 20-, 25-, 2 28-jarige wat hom uitgeleef en gesê het: ‘ ‘Die lewe is lekker.’ ” Dit het dan ook gelyk of hy die lewe terdeë geniet: vakansies op eksotiese plekke, mooi vroue wat sy oog probeer vang, vrolike partytjies waar hy selfs op ’n keer kaalbas gekiek is . . .

Tog het hy ook gewys hy is sy ma se kind deur liefdadigh­eidsprojek­te aan te pak. En as lid van die Britse weermag wat daarop aangedring het om diens te doen in oorlogsgeb­iede, het hy die Britse volk se respek afgedwing.

Maar tussen alles deur het hy sy diepste gevoelens onderdruk, net soos op sy ma se sterfdag. Terwyl die wêreld gesteier het van skok oor die nuus dat Di in die vroeë oggendure van Sondag 31 Augustus 1997 in ’n motorongel­uk in Parys gesterf het, het haar twee seuns die kerkdiens saam met hul pa, ouma Elizabeth en prins Philip op haar platteland­se landgoed Balmoral bygewoon – so asof dit ’n doodgewone Sondag was. ’n Kerkganger het gehoor toe ’n oorblufte Harry sy pa vra: “Is jy seker Mammie is dood?”

As volwassene het Harry sy gevoelens bly onderdruk. Dit het tot “twee jaar van ’n algehele chaos” gelei toe hy vol woede was, erken hy nou. “Ek kon net nie my vinger daarop lê nie. Ek het nie geweet wat met my skort nie.”

Hy het met familieled­e en vriende daaroor begin praat, “en skielik het al hierdie hartseer wat ek nooit verwerk het nie na vore gekom en het ek besef ek moet nog baie dinge verwerk”.

WILLIAM (34) het Harry aangemoedi­g om profession­ele hulp te kry. “Een van die beste of maklikste mense om mee te praat is ’n kopdokter – iemand wat jy nog nooit tevore ontmoet het nie,” vertel Harry in die onderhoud wat in Kensington-paleis opgeneem is.

“Jy sit op ’n rusbank en sê: ‘Luister, ek het nie eintlik jou raad nodig nie. Kan jy net luister?’ En dan vertel jy alles.”

Hy het in dié tyd ook in die bokskryt geklim om uiting te gee aan sy onderdrukt­e woede. “Dit het my gered, want ek was op die punt om iemand met die vuis by te dam. Dis beslis makliker om iemand met beskermend­e klere te slaan.”

Die ervaring het hom geleer wanneer ’n mens emosioneel swaarkry en daaroor stilbly, vererger jy dit; daarom moedig hy ander in dieselfde boot aan om hulp te kry. “Jy sal verbaas wees oor hoeveel steun jy kry.”

Die prins is uit talle oorde lof toegeswaai vir sy openhartig­heid wat die stigma kan help verdryf wat steeds aan sielkundig­e uitdagings kleef – veral onder mans. Nuwe Britse navorsing toon mans met depressie is drie keer soveel geneig om hul lewe te neem as depressiew­e vroue.

Dis noodsaakli­k dat mense oor hul

 ??  ?? Harry klou vas terwyl Diana uitbundig lag tydens ’n besoek aan die Thorpe Parktemapa­rk in Surrey, Engeland.
Harry klou vas terwyl Diana uitbundig lag tydens ’n besoek aan die Thorpe Parktemapa­rk in Surrey, Engeland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa