Huisgenoot

GERED, MY TONG & DALK MY LEWE

’ ’n G Groeiendei d gewas op WarrenW se tong sou hom kon laat versmoor, en om dié orgaan af te sny het na al uitweg gelyk. Toe nie . . .

- Deur JANA SMIT

SY TONG was so dik in sy mond dat hy skaars kon praat. En die pyn was knaend. Eindelik moes hy hoor: As die gewas aanhou groei, kan hy eendag versmoor. Keer op keer het medici gemeen: Al uitweg was om sy tong by die basis af te sny en ’n nuwe uit die weefsel van sy bobeen of voorarm te bou.

Maar as dié prosedure misluk het, sou hy moontlik lewenslank sonder ’n tong oor die weg moes gekom het.

Tog was die 28-jarige Warren Bonn van Johannesbu­rg wat aan die seldsame siekte toestand arterioven­euse misvorming (AVM) ly nie van plan om sy tong te laat afsny nie.

Hy het meer as 50 dokters geraadplee­g, maar die meeste het nog nie eens van AVM gehoor nie. (Sien die kassie.)

Eindelik het Warren se internetso­ektog hom na die New Yorkse neurochiru­rg prof. Alejandro Berenstein gelei. En dié het laat weet hy kan help – sonder om die tong te verwyder.

Ná die eerste operasie het Warren ons uit New York laat weet: Die prosedure wat Alejandro op hom uitgevoer het, bekend as ’n embolisasi­e, was suksesvol. (Sien die kassie.)

Hy eet en praat reeds makliker as tevore, en Alejandro sal binnekort ’n opvolgpros­edure op hom uitvoer.

“Die dokter is in sy skik met die resultate . . . Hy glo nie die gewas sal terugkeer nadat die behandelin­g hier voltooi is nie,” skryf hy in ’n Facebook-boodskap aan ons. “Almal sê ek praat reeds beter en my tong voel beter; so daar is reeds merkbare veranderin­gs.”

Maar voor Warren sy vliegkaart­jie kon bespreek, moes hy eers ’n geldelike hekkie oorkom. Selfs nadat Alejandro en die hospitaal ingestem het om die prosedures teen halfprys uit te voer, kos dit steeds sowat R700 000 per operasie.

En Alejandro het hom gewaarsku die sukses van die eerste twee prosedures sou bepaal of nog nodig sou wees of nie. Dit kan eindelik tot ses prosedures verg, wat ’n yslike R4,1 miljoen sal kos.

Hoe nou gemaak? Warren se oplossing: skarefinan­siering.

Verlede Desember het hy sy aanlyn veldtog van stapel gestuur. Binne twee weke het hy R1,4 miljoen ingesamel – genoeg vir die eerste twee prosedures.

“Ek is ongeloofli­k dankbaar vir almal se ondersteun­ing,” sê hy.

DIT was sowat twee jaar gelede dat Warren besef het iets skort. Hy was by ’ n haarkapper toe dié sê: “Jy het knoppe in jou nek.” Warren is dokter toe met die idee dat hy dalk pampoentji­es het, maar ’n ultrasonie­se skandering het gewys dis ’n hemangioom, ’n goedaardig­e gewas wat gewoonlik by kinders voorkom. AVM is toe by hom gediagnose­er.

Warren, ’n IT-bedryfsbes­tuurder, s’n is ’n seldsame geval. Dokters het verduideli­k AVM ontwikkel fetaal en word gewoonlik by kinders gediagnose­er, wat dit dikwels ontgroei. “Dit word selde by volwassene­s gediagnose­er.”

Binne enkele maande het sy tong ál groter begin word en het dit moeiliker geword om te praat en vaste kos te eet, vertel Warren.

Hy kan nie sy tong uitsteek nie, maar maak sy mond groot oop om ons die knop bo-op te wys. “Vyf en sewentig persent van wat jy kan sien, is die gewas,” verduideli­k hy.

Hy het elke soort mediese spesialis denkbaar geraadplee­g: van oor-neus-enkeelspes­ialiste tot vaskulêre chirurge (spesialist­e op die gebied van are, slagare en limfatiese sirkulasie) en neurochiru­rge. En elke keer was die bevinding dieselfde: Om van die gewas ontslae te raak, moes die tong afgesny word.

Vir Warren was dit ’n geweldige skok. “Al sou hulle dit kon regkry om vir my ’n nuwe tong te bou, sou ek heeltemal van voor af daarmee moes leer praat.”

Maar selfbejamm­ering was nooit ’n moontlikhe­id nie. “Ek het geweet dit gaan niks help om op my bed te sit en my jammer te kry nie. Ek is ’n gedrewe mens;

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa