Huisgenoot

GETROUD MET MOOI, KOUE VROU

-

Ek is met ’n dierbare en mooi vrou getroud. Die probleem is: Sy steur haar nie aan my behoefte aan intimiteit nie. Ek is ’n aantreklik­e, goed versorgde man van 41. Sy is 38. Wat kan ek doen? Skei en buite-egtelike verhouding­s is tog geen oplossing nie. CV op DA Jy is wys, want ’n affair kan ’n hele affêre word. Maar jy moet ook besef jou vrou kan nie so dierbaar wees as sy iets van jou weerhou wat jou gelukkig sal maak nie. Mense wat mekaar liefhet, maak die lewe vir mekaar makliker; nie moeiliker nie. Verander die liefdespel tussen julle so: As sy te gespanne is, skink ’n glasie wyn. Doen dit op ’n romantiese manier met haar geliefkoos­de liedjie wat speel.

Al is sy mooi, is sy dalk krities oor haar lyf. Kompliment­eer haar daaroor.

Maak reëls oor tegnologie en skakel jul selfone ’n uur voor slaaptyd af.

Vertel haar hoe eensaam jy is en hoeveel jy haar begeer, maar ook hoe alleen en vasgevang jy sonder vervulling voel.

Leer behoorlik en deeglik soen. Moenie jou soene tot die slaapkamer beperk nie. Dis dikwels die onweerstaa­nbare vertrekpun­t vir ’n vrou se liefdeslus.

Gebruik sy die Pil en antidepres­sante? Dit kan met ’n vrou se libido inmeng.

Verander jou liefdestyl sodat sy iets het om na uit te sien. Onthou: Wanneer ’n man reeds by sy bestemming is, is ’n vrou dikwels eers halfpad daar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa