Huisgenoot

Heuningbye verrig ’n belangrike taak

Elke byekolonie yekolonie bestaanan uit drie soortee bye, maar net een n is verantwoor­delikelik vir die heuning g wat ons eet

-

DINK jy ooit daaraan dat heuningbye die heuning gemaak het wat jy eet? Hulle is die enigste byspesie wat heuning maak. Ons vertel jou meer oor hulle en kyk watter verskillen­de werke heuningbye doen.

DRIE SOORTE BYE

Heuningbye is sosiale insekte. Dit beteken hulle woon in groot groepe en werk saam om te oorleef. Daar is drie soorte bye in ’n heuningbyk­olonie: die koninginby, die werkerbye en die hommelbye (mannetjies­bye). Daar is gewoonlik een koninginby, ’n paar duisend hommelbye en tienduisen­de werkerbye in ’n kolonie. Die koningin en die werkerbye (wat ook wyfies is) ontwikkel uit bevrugte eiers en hommelbye uit onbevrugte eiers. Elke soort het ’n baie spesifieke taak wat hy of sy verrig.

Die koninginby se werk is om eiers te lê – tot 1 500 per dag! ’n Koninginby kan spermselle in haar lyf bêre nadat sy met mannetjies­bye gepaar het; dus kan sy eiers na willekeur bevrug. Sy lê die eiers in holtes in die byekorf wat selle genoem word – een in elke sel.

’n Koninginby word ontwikkel deur an- ders te eet as die res van die wyfiebye, wat werkerbye word. Alle larwes kry in die eerste paar dae van hul lewe ’n spesiale stof as kos wat prinsessel­ei genoem word. Party mense praat ook van koninklike of koninginje­llie. Ná ’n paar dae kry die meeste larwes heuning en stuifmeel as kos. Dié larwes word eindelik werkerbye. Maar sommige larwes kry hul hele lewe lank net prinsessel­ei as kos. Dit is dié larwes wat eindelik koninginby­e word.

Die hommelbye se enigste werk is om met die koninginby te paar. As ’n hommelby dit wel regkry om haar aandag te trek, vrek hy ná die paring. Hommelbye is ook nie altyd welkom in die nes nie – in die winter wil die werkerbye eerder die beskikbare kos vir die koningin en larwes bêre en word hommelbye soms uitgeskop.

Die werkerbye hou die hele kolonie aan die gang. Hulle sorg vir die koninginby en die larwes, bou die byekorf en versamel nektar en stuifmeel om vir almal kos te gee. En dit is hulle wat die heuning maak. Hulle het spesiale stuifmeelm­andjies aan hul agterlyf. Werkerbye het ook ’n angel aan hul agterlyf waarmee hulle die

nes verdedig. Wanneer ’ n heuningby iets of iemand steek, word die angel uit die agterlyf geruk en vrek die by.

VERSKILLEN­DE TAKE

Die verskillen­de take wat ’n werkerby doen, hang af van die by se ouderdom. In die eerste paar dae van hul lewe (nadat hulle uit larwes tot bye ontwikkel het), is hulle skoon

makers wat die nes skoonhou. Daarna voer hulle die ander larwes en die koninginby. Wanneer ’n werker sowat 10 dae oud is, kan sy was afskei, waarmee sy bouwerk aan die nes doen deur nuwe wasselle te bou.

Die selle is nie net die plek waar die koningin eiers lê nie; dit is ook bêreplek vir heuning. Werkerbye samel tot hulle 20 dae oud is die stuifmeel en nektar in wat medewerker­bye na die korf bring. Werkerbye ouer as 20 dae gaan daarna self uit die nes en versamel nektar en stuifmeel by blomme en plante. ’ n Heuningby vlieg teen ’n snelheid van sowat 25 km/h. Die werkers voer spesiale bewegings bekend as die sidderdans uit waardeur hulle aan ander werkerbye kommunikee­r waar nektar (die suikeragti­ge vloeistof in blomme) en stuifmeel is. In die somer leef werkers net sowat ’n maand, maar hulle kan ’n hele winter lank oorleef om in die lente nektar te versamel. Mannetjies­bye leef sowat 40 dae – en ’n koninginby heelwat langer, tussen drie en vyf jaar. Wanneer dit kouer word, vlieg heuningbye nie meer rond op soek na kos nie. Die bye drom dan saam in die middel van die korf – met die koningin heel in die middel – en hou mekaar warm. Die werkers ruil heeltyd plekke sodat geen by gedurig aan die buitekant van die samedrommi­ng is nie, maar ook ’n beurt kry in die middel, waar dit warmer is.

BYE SE BELANGRIKE ROL

Om heuning te maak, besoek werkerbye talle blomme en versamel nektar en stuifmeel. Hulle het ’n lang tong wat spesiaal aangepas is om nektar uit ’n blom te suig. Die stuifmeel sit aan hul pootjies vas of word in spesiale stuifmeelm­andjies aan die agterpote gedra.

Die stuifmeel en nektar word dan deur die bye in heuning omgeskakel as kos vir die larwes en die res van die bye, veral in die wintermaan­de, wanneer blomme skaars is.

Bye speel ’n baie belangrike rol in ons wêreld. Deur die stuifmeel van plant tot plant te vervoer help hulle om plante te bestuif.

Wanneer ’ n blom bestuif word, vorm dit ’n vrug of saad wat weer ’n nuwe plant kan word. Dit is nie net die mens wat vrugte eet nie; ook voëls en ander diere is van bestuiwing afhanklik vir kos.

Die werkers het self heuning nodig om was te vervaardig sodat hulle die byekorf kan bou. Daarom sal byeboere dikwels die heuningkoe­ke terugsit in die byekorf nadat hulle die heuning uitgehaal het – sodat die bye nie nodig het om baie energie te vermors om dit opnuut te moet bou nie.

 ??  ?? Deur stuifmeeli­fmeel van blom tot blomomtete ver-vervoer help byeye om plante te bestuifest­uif so-sodat nuwe sadeade en vrugte gevormorm kan word. Dié korwe is in ’n kersieboor­dboord ge-geplaas om sekereker te maak al die bome word bestuif.if. Werkerbye berg stuifmeel in hul stuifmeelm­andjies tot hulle dit daarin korf toe neem.
Deur stuifmeeli­fmeel van blom tot blomomtete ver-vervoer help byeye om plante te bestuifest­uif so-sodat nuwe sadeade en vrugte gevormorm kan word. Dié korwe is in ’n kersieboor­dboord ge-geplaas om sekereker te maak al die bome word bestuif.if. Werkerbye berg stuifmeel in hul stuifmeelm­andjies tot hulle dit daarin korf toe neem.
 ??  ?? Heuningboe­re hou korwe aan en verwyder die heuning. Hulle dra beskermend­e klere ingeval die bye aggressief raak.
Heuningboe­re hou korwe aan en verwyder die heuning. Hulle dra beskermend­e klere ingeval die bye aggressief raak.
 ??  ?? Bye verwerk nektar tot heuning, wat dien as kos vir die kolonie.
Bye verwerk nektar tot heuning, wat dien as kos vir die kolonie.
 ??  ?? Bye gebruik hul tong, wat soos ’n strooitjie werk, om nektar uit blomme te suig. Hulle berg dit in hul “heuningpen­s” tot hulle terugkom by die korf.Werkerbye bou die byekorf uit was. Die seshoekige selle is waar eiers gelê en heuning gebêre word.
Bye gebruik hul tong, wat soos ’n strooitjie werk, om nektar uit blomme te suig. Hulle berg dit in hul “heuningpen­s” tot hulle terugkom by die korf.Werkerbye bou die byekorf uit was. Die seshoekige selle is waar eiers gelê en heuning gebêre word.
 ??  ?? Die koninginby is groter as die werkerbye. Haar werk is om eiers te lê. Byelarwes.
Die koninginby is groter as die werkerbye. Haar werk is om eiers te lê. Byelarwes.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’n Hommelby se enigste taak is om met ’n konininby te paar.
’n Hommelby se enigste taak is om met ’n konininby te paar.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa