Huisgenoot

BESSIE-EN-TIEMIESKON­S

-

Hierdie spoggerige skons word gebak met hul eie konfyt klaar in die middel. Sit die lekkerny voor saam met styf geklopte room en vars basilie uit jou kruietuin. Wenk: Gebruik die kleur van die konfyt as inspirasie wanneer jy die Moedersdag-teetafel dek. Herhaal dit byvoorbeel­d in die breekgoed en servette.

LEWER 16-18 SKONS Bereiding: 20 min. Staan: 10 min. Gaarmaak: 10-15 min. COMPOTE 350 g gemengde bessies (vars of bevrore) 60 ml (¼ k) suiker 60 ml (¼ k) water SKONS 500 ml (2 k) koek

meel 125 ml (½ k) suiker 10 ml (2 t) bakpoeier 2 ml (½ t) sout 15 ml (1 e) gedroogde

tiemie 125 g koue botter,

in blokkies gesny 1 eier 125 ml (½ k) karringmel­k AFRONDING 60 ml (¼ k) melk Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en strooi ’n bietjie meel oor.

1 Compote Plaas al die bestanddel­e in ’n klein kastrol. Verhit en roer tot die suiker opgelos is. Laat stadig prut tot die mengsel dik en stroperig is (soos konfyt). Hou eenkant en laat afkoel.

2 Skons Meng die koekmeel, suiker, bakpoeier, sout en tiemie in ’n groot mengbak.

3 Vryf die botter met jou vingers by die mengsel in tot dit soos broodkrumm­els lyk.

4 Klits die eier en karringmel­k saam en voeg by die meelmengse­l. Meng goed, vorm die deeg, in ’n bol, bedek en laat 10 min. rus.

5 Rol die deeg onge- veer 1,5 cm dik op ’n meelbestro­oide oppervlak uit.

6 Smeer van die bessie-compote op die een helfte van die deeg en vou die ander oor soos ’n toebroodji­e.

7 Afronding Druk vorms uit die deeg en pak versigtig op die bereide bakplaat. Verf liggies met die melk en bak 10-15 min. of tot goudbruin en gaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa