Huisgenoot

HONDETELER­S WAT OMGEE

-

ONS vergeet soms ons ikone is ook maar mense en dat hulle ook swaarkry, seerkry en worstel met die groot vrae in die lewe. Ons almal voel soms weerloos en nietig; almal voel soms bang vir die onbekende.

In die Noorderblo­em-aftreeoord in Bloemfonte­in, waar die skrywer Karel Schoeman gebly het, was van sy kennisse goed bewus van die Groot Gees in hul midde. Maar hoe sou hulle kon weet selfs hul bekendste inwoner voel ook soms die donkerte aan hom knaag?

“Ek het genoeg gehad van verouderin­g en ouderdom meegemaak om seker te wees dat ek nie self wil oud word nie,” het Karel geskryf in ’n brief wat kort ná sy selfdood op Werkersdag uitgereik is.

In ons artikel op bl. 10 vertel sy jare lange vriendin en die twee vroue wat hom tot aan die einde versorg het aangrypend van hul hegte vriendskap met die man ágter die legende.

Die sanger Jak de Priester verwerk ook verlies nadat sy beste vriend sedert kleutersko­oldae, Frank Streicher, saam met sy vrou en seuntjie in ’n motorongel­uk oorlede is ( bl. 8). “Ek en my pel het baie planne gehad vir die toekoms, maar ek het besef die dag van môre is aan niemand beloof nie,” sê Jak. “Vertel vir almal vir wie jy lief is dat jy vir hulle lief is, want die lewe is kort en ’n geskenk.”

En in hierdie lewe is die ewigheidsw­aarde van liefde en vriendskap soms ons grootste troos teen verganklik­heid. Ek reageer op Christia van Machadodor­p se wenbrief (Viervoetig­es verdien goeie sorg, 27 April). Christia, ek stem saam dat viervoetig­es goeie sorg verdien, maar iets in jou brief krap my om: Ons teel al 17 jaar met Duitse herdershon­de en elkeen is soos ’n kind in die huis.

Elke hondjie word met die grootste sorg grootgemaa­k en ons keur voornemend­e eienaars voor ons die hondjie aan hul sorg toevertrou. Ons, as geregistre­erde telers, gee om waarheen die hondjies gaan.

Ons hondjies word ontwurm en ingeënt. Hulle kry die beste kos en volg ’n gesondheid­sprogram om te verseker die nuwe eienaar kry ’n gesonde hondjie.

Die ma en pa moet ’n sekere ouderdom wees voor jy met hulle mag teel en X-straal-plate moet geneem word om te verseker hul heupe en ander gewrigte is gesond. Ons verkoop nie net honde nie; ons bestee baie geld om hulle so sterk en gesond moontlik te hou. Dit klink nie vir my jy het daaraan gedink nie. En as hulle te oud word om mee te teel, word hulle nie weggegee nie; hulle is ons kinders.

Wat wel ’n probleem is, is die “agterplaas­telers”. Hulle lei daartoe dat elke teler, ook geregistre­erde telers soos ons, ’n slegte naam kry en dat so baie viervoetig­es weggesmyt en mishandel word en eindelik in skuilings beland of erger.

Moenie almal oor dieselfde kam skeer nie. Voornemend­e honde-eienaars moet hulself asseblief daarvan vergewis dat hulle by ’n goeie, geregistre­erde teler koop. RIENIE,

ROODEPOORT

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa