Huisgenoot

Piet Byl, glo in wonderwerk­e

-

Na aanleiding van die berig oor SuidAfrika se baasspeurd­er Piet Byleveld (Verkort, ons mooi toekoms, 20 April): Ek glo saam met Piet se vrou, Elize, wonderwerk­e gebeur nog.

Ons polisiedie­ns het meer as ooit iemand soos Piet nodig. Met al sy ervaring en kennis is hy die ideale mens om jong speurders op te lei. Wanneer ek na die speurprogr­am Homicide Hunter op DStv-kanaal 170 kyk en ek sien Joe Kenda, dink ek aan Piet.

Piet, jy is my Joe Kenda. Ek bid vir jou genesing in Jesus se naam sodat ons polisiemag die regte opleiding kan kry. ROSA

Ek het met spyt gelees dit gaan nie goed met Piet Byleveld nie, maar terselfder­tyd wil ek dankie sê vir die kans om meer oor hom te wete te kom.

Dit was ewe lekker om oor Pik Botha te lees (’n Meester van die woord, 27 April). Nog sulke artikels oor die groot geeste van gister, asseblief ! TERUGBLIK,

PRETORIA

(Van vorige bladsy) Reik uit na mekaar en laat die krag van liefde en omgee versprei. Sagte, opbouende woorde vir mekaar, pleks van iets iets afbrekends. En ewe belangrik: Luister met geduld en begrip na jou medemens. Kom ons almal werk saam en gee die eerste, waggelende tree.

Kort voor lank hardloop ons almal saam. Die liefde oorwin immers alles. KOOS

Het ons maar duisend Piet Bylevelds gehad, dan kon iets dalk werklik aan die misdaadkri­sis in die land gedoen geword het.

Ons lees te veel van misdadiger­s wat skotvry uit die hof loop omdat die ondersoeks­pan aangejaag het; om van oorwerkte en onervare speurders nie eens te praat nie. DOEN IETS

Ek dink dis hoog tyd dat een van ons talentvoll­e Afrikaanse misdaadskr­ywers ’n speurkarak­ter skep wat op Piet Byl gegrond is. So ’n reeks sal soos soetkoek verkoop. LEESVRAAT,

NELSPRUIT

Ray en Jessica (‘Raytjie-lief ’ en sy Jess se dag van verras, 4 Mei), ons wens julle ’n volmaakte huwelik toe. Julle het asemrowend gelyk op die voorblad. Erken mekaar. Gee mekaar liefde en respek. ANITA Geluk aan die oud-Springbok en Bul Jacques Potgieter en Angelique met die koms van klein Jacques jr. (Bulplesier ná my ‘ baby blues’, 27 April). Geniet hom. Pa lyk sommer ook baie mooier met sy kort hare. Nou nog net die baard afskeer! SKOONLIEF,

PRETORIA

Dis sulke goeie nuus om te hoor dit gaan weer beter met Frik du Preez. So ken ons jou, oom Frik – jy was ’n reus en ’n sterke derduiwel op die rugbyveld en so is jy vandag nog. Jy is ’n legende! PIETA,

BRITS TEKEN IN

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa