Huisgenoot

WEG, MY VRIEND, EN WAT VAN KLEIN LUA?

-

VIR Jak de Priester en sy jare lange boesemvrie­nd was dit elk ’n opwindende Saterdag toe hulle trots gaan kyk hoe hul tjokkertji­es in hul onderskeie bulletjier­ugbywedstr­yde drieë druk. Al was hulle honderde kilometers uitmekaar, het die sanger (40) en Frank Streicher, ’n fisioterap­eut van Phalaborwa in Limpopo, omstreeks dieselfde tyd hul seuns se groot oomblik op Facebook gedeel: ’ n ingenome Frank (41) langs Franko (6), sy fris rooikoppie met sy skaam glimlaggie, op Letsitele, sowat 80 km van hul tuisdorp. Saam wys die pa en seun vinger in die lug “nommer een”. Frank het nog bygeskryf: “Franko druk sy eerste drie!!! Wat ’n

Dít terwyl Jak in Pretoria met sy selfoonkam­era sy seun Jamie (7) in aksie op pad doellyn toe vasvang en op Instagram skryf: “Nooit gedink ek sal langs ’n rugbyveld staan en skree soos ’n mal ding nie! Maar as jou laaitie die bal het . . . raak jy ’n Maar anders as Jak, wat die dag op ’n hoë noot saam met sy gesin by hul huis afgesluit het, het Frank-hulle nooit die huis gehaal nie. Frank, sy 40-jarige vrou, Celesté, en Franko is daardie middag op slag dood toe hulle op pad huis toe op die R71 verongeluk. Lenisé Janse van Vuuren, ’n 19-jarige leerlingon­derwyseres wat saam in die gesin se Toyota Land Cruiser Prado was toe hulle reg van voor teen ’n vragmotor bots, is ook oorlede.

Klein Janco Oberholzer (6), Franko se maatjie wat saam met hulle in die motor was, het die tragedie wonderbaar­lik oorleef, maar was teen druktyd nog in ’n ernstige toestand in die waakeenhei­d van die Mediclinic Tzaneen nadat hy uit die voertuig geslinger is.

Lua (8), die Streichers se oudste, was nie saam in die motor nie; sy was in ’n voertuig agter hulle. Sy het na bewering afgekom op die tragedie wat haar gesin in ’n oogwink van haar weggeruk het.

Dit is vir háár dat Jak se hart breek, hier waar ons twee dae ná die treurspel in Jak se huis in Centurion sit. Kort nadat ons opgedaag het, bars die gesinswoni­ng in vreugde uit toe sy vrou, Michelle (41), en hul drie kinders van die skool af kom. Dit is ’n vrolike lawaai van kinderstem­me en honde wat blaf terwyl Jamie, sy boetie, Mika, wat in Julie twee jaar oud word, en Mija (6) inkom.

“Kan jy dink hoe dit vir haar moes voel om terug te gaan na daardie huis toe? Die reuk van haar pa, wat nog net die oggend gou gestort het, die koffiebeke­rs en papbakkies in die kombuis waar pa en ma hulle aangejaag het: ‘Eet gou, julle; ons moet ry!’ Om terug te kom na ’n huis waar nou niemand is nie. Ons as grootmense kan nog sulke goed verwerk, maar hoe moet ’n kind?” peins hy hartseer.

Nie net het Jak van kleintyd af ’n pad saam met Frank gestap nie; die botsing bring ook herinnerin­gs van die ongeluk vyf jaar gelede wat sy skoonma, Bettie du Toit, se lewe geëis het – en byna dié van sy vrou en twee oudstes. “My skoonma sou gister 74 jaar oud gewees het.”

JAK en Frank het in die Blikoortji­es-kleutersko­ol op Parys in die Vrystaat maats gemaak en was gou onafskeidb­aar. Van hul gelukkigst­e tye was toe Jak en ’n klomp vriende op hul fietse die grondpad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa