Huisgenoot

PROF. WILLEM LANDMAN

-

Prof. Willem Landman, uitvoerend­e lid van die organisasi­e DignitySA, wat hom beywer vir die wettiging van genadedood, is op Oujaarsaan­d verlede jaar die eerste keer deur Karel genader oor sy voorneme om selfdood toe te pas.

Willem, wat die skrywer amper 40 jaar gelede, in September 1977, in Pretoria ontmoet het, vertel hy het eers gedink Karel praat as ’n toekomstig­e plan met hom daaroor. “Maar hy het my duidelik laat verstaan hy praat nie oor die toekoms nie. Hy praat oor nou.”

DignitySA staan gewoonlik mense by wat terminaal siek en veral op hul einde is. Willem gee toe Karel was nie terminaal siek, heeltemal afhanklik of in pyn nie, maar hy was wel baie seker hy wil nie meer leef nie.

“Karel was ’n verswakte en ‘ou’ 77. Hy het aan geweldige uitputting gely,” vertel Willem. Sy gesondheid het veral verswak ná sy mislukte selfdood- poging in 2014 deur middel van ’n oordosis pille. “Hy het vertel dié poging het ’n verlamming tot gevolg gehad. Hy het swaar geloop.”

Die skrywer het nooit naweke of vakansies af gevat nie. Maar nes die kreatiewe proses hom gedryf het, so uitputtend was dit vir hom. Hy meen Karel het gevoel hy het alles bereik wat hy wou en ’n buitestand­er sal nie sy persoonlik­e lyding verstaan nie.

Hoewel Karel vier dae voor sy dood in ’n verklaring aangedui het hy wil doodgaan deur op te hou eet en drink, vertel Willem dié proses sou veel langer geneem het, eerder ses tot sewe dae. Willem sê hoewel Karel versterwin­g ondersoek het, weet hy dit is nie hoe hy sy lewe beëindig het nie. Hy sê Karel het juis al die moontlikhe­de ondersoek omdat die gedagte hom ontstel het om ouetehuisp­ersoneelle­de en ander mense by sy dood te betrek. Karel het sy voorneme met prof. Willem Landman van DignitySA bespreek. Die Universite­ite van Kaapstad en die Vrystaat ken eredoktors­grade aan hom toe vir sy bydrae op die gebied van letterkund­e en geskiedeni­s. In 2004 word hy saam met André P. Brink en Toek Blignaut vereer met die SuidAfrika­anse Letterkund­epryse vir hul lewenswerk as bydrae tot die Suid-Afrikaanse letterkund­e. Van sy werk word vir televisie en die silwerdoek verfilm. BRON: LITNET

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa