Huisgenoot

TWEE JAAR VAN OE’S EN AA’S

Charlotte se verjaardag is met ’n intieme partytjie gevier. Herleef skattige foto’s van die wêreld en die kameras se liefling

- Saamgestel deur LARA ATSON

SY IS skaars twee, maar sy hou ski-vakansies in die Franse Alpe, het ’n kas vol ontwerpers­klere en word deur miljoene aanhangers oor die wêreld heen gevolg. Klein prinses Charlotte het reeds ’n lewe waarvan die res van ons maar net kan droom. Die skattige prinses van Cambridge was net agt maande oud en nog in haar babadoeke toe sy deur die Britse glanstydsk­rif Tatler as die invloedryk­ste mens in die land aangewys is – en dit bo haar oumagrootj­ie, koningin Elizabeth II van Engeland, haar ouers, William en Catherine, en haar broer, George (3).

Maar toe die hertog en hertogin van Cambridge se jongste spruit onlangs haar tweede verjaardag vier, was daar geen uitspattig­e, peperduur partytjie nie. Die paartjie het glo ’n intieme, informele partytjie gehou by Anmer Hall, hul herehuis in Norfolk op die Engelse platteland.

Die verjaardag­meisie het sommer losgetrek en vir haarself Veels Geluk gesing, het haar ma ’n dag ná die verjaardag­vierings in Gloucester­shire vertel toe sy weer op haar koninklike pos was vir ’n plaasbesoe­k saam met skoolkinde­rs.

Of Charlotte weet hoe belangrik en beroemd sy is, is onwaarskyn­lik. Sy is glo net nog ’n tweejarige wat versot is op die fliek Frozen; daarom was dit glo die tema van die partytjie. “Al die kolwyntjie­s, versiering­s en partytjiep­akke het (die Frozen-karakters) Olaf en Elsa op gehad en daar was ’n Frozen-koek,” het ’n ingeligte oor die partytjie vertel. “Daar was ’n kamer vol heliumball­onne met pienk konfetti binne-in.”

Vir klein Charlotte se amptelike verjaardag­fotosessie het haar 35-jarige ma, Kate, oudergewoo­nte self agter die kameralens ingespring. Die fraaie meisie met die kastaiingb­ruin hare is op ’ n strooibaal in ’n stal by hul tienslaapk­amerherehu­is op die koninklike landgoed Sandringha­m gekiek. Charlotte, wat glo baie lief is vir diere, was boonop opgetof in die allerfraai­ste pastelgeel skapie-knooptrui van die Britse klerewinke­l John Lewis terwyl sy onskuldig na die kameralens staar.

Nes haar ma en ouboet verkoop alles waarin Charlotte afgeneem word soos soetkoek. Haar jongste modestelli­ng was geen uitsonderi­ng nie. Ouers was so desperaat om hul hande op dié woltrui van £18 (sowat R315), wat toe reeds uitverkoop was, te kry dat hulle na die aanlyn winkel eBay gestroom en byna drie keer die gewone prys daarvoor betaal het.

Tog was nie almal dol oor dié uitrusting nie. “Daardie knooptrui is aaklig! Sy lyk al soos haar ouma!” het een suurbek aanlyn na die arme prinsessie gekap.

Charlotte en George is hul ma se trots. Kate het onlangs gesê die kinders leer Spaans praat – natuurlik danksy hul Spaanse oppasser, Maria Borrallo.

Charlotte babbel alte lekker en is versot op die kinderprog­ram Peppa Pig, het haar ma al vertel. “Sy is baie oulik, maar het nogal ’n vurige kant.”

Sy is mal oor haar ouboet, George, en speel sokker saam met hom en haar pa, William (34). “Die kinders het baie pret saam,” vertel ’n vriend.”

Die Cambridges geniet hul lewe uit die kollig by Anmer Hall. Daar het hulle nie ’n rits knegte en handlanger­s wat hulle hand en voet bedien nie. Maria is so te sê al ekstra paar hande. Hulle nooi selde gaste daarheen, het iemand in die binnekring onlangs aan die Amerikaans­e glanstydsk­rif People vertel. “Kate groet gewoonlik self gaste by die deur met Charlotte in haar arms en George wat

 ??  ?? Prinses Charlotte, dogter van prins William en sy vrou, Kate, het pas haar tweede verjaardag gevier. Haar partytjie is by hul herehuis in Norfolk gehou.
Prinses Charlotte, dogter van prins William en sy vrou, Kate, het pas haar tweede verjaardag gevier. Haar partytjie is by hul herehuis in Norfolk gehou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa