Huisgenoot

EERSTE KERSFEES

-

aan haar enkels klou,” vertel dié ingeligte wat al daar gekuier het. “Dit was soos enige ander gesin wat vir middagete aansit, met George en Charlotte wat hul tuisgemaak­te kos in hul hoë stoele eet en met hul speelgoed speel.”

Omdat hul oupa prins Charles (68) se werkrooste­r as koninklike so vol is, sien hy veel minder van sy kleinkinde­rs as die Middletons. Charles word glo dikwels op die nippertjie na familiegel­eenthede genooi en moet dit dan dikwels misloop weens koninklike verpligtin­gs wat maande vooruit gereël word.

“William het die Middletons as sy surrogaat-gesin gekies nog voor die kinders gebore is,” vertel ’n ingeligte. “Charles doen sy bes, maar daar is beperkings.”

Tog is Charles “pragmaties”, vertel nog een aan People. “Hy aanvaar dat ’n vrou meer geneig is om tyd by haar eie familie te wil deurbring.”

Nog ’n bron voeg by: “Charles en Camilla is versot daarop om grootouers te wees en kan nie genoeg kry van Charlotte en George nie.” Die oupa het glo ’n ou boomhuis wat hy in 1989 op sy landgoed Highgrove vir William se sewende verjaardag laat bou het vir sy kleinkinde­rs laat opknap. Seker in die hoop om hulle meer te sien.

Dié foto van die Cambridges is net voor Charlotte se eerste Kersfees uitgereik. Die sewe maande oue prinses het die koningin se Kerspartyt­jie kort voor Kersdag in die Buckingham-paleis saam met haar gesin bygewoon. Prins Harry moes instaan vir William omdat hy moes werk. Sy het nie Kersdag self by haar bloubloedf­amilie deurgebrin­g nie, maar by haar grootouers, Carole (62) en Michael (67) Middleton, tuis in Anmer Hall. Dit was ’n intieme Kersfees soos dié waaraan Kate in haar grootwordj­are gewoond was.

(Blaai om)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa