Huisgenoot

’N SLAG MET KINDERS

-

JY KON “’n speld hoor val” op die vergaderin­g wat koningin Elizabeth onlangs skielik in die Buckingham-paleis belê het, vertel ’n bron in die binnekring. Nie net die personeell­ede van al die koninklike wonings wat daarheen ontbied is, het asem opgehou nie, maar oor die wêreld heen het koninklike aanhangers gewonder: Gaan die 91jarige monarg dalk nou abdikeer? Is haar man, prins Philip, dalk ernstig siek? Het die een of ander ramp die koninklike familie getref?

Toe nie. Pleks daarvan is aangekondi­g prins Philip gaan in die rype ouderdom van 95 aftree.

Die afgelope byna 70 jaar – sedert hul troue in November 1947 – was hy getrou aan sy vrou se sy.

Dit sal sekerlik vir Elizabeth ’n aanpassing wees om sonder hom by openbare geleenthed­e te verskyn, maar dalk slaak sy ook heimlik ’n sug van verligting, want deur die jare het Philip se taktlose aanmerking­s dikwels opslae gemaak. Party daarvan het mense geskok, en ander het hulle laat giggel.

Maar die koningin het dit waarskynli­k nie amusant gevind nie. e.

Die prins is darem ook kb bekendk d viri sy spitsvondi­ghede. En oor sy aftrede op 95 jaar het hy gou laat hoor: “Ek’s verby my vervaldatu­m.”

Hier is ’n kykie na die hertog van Edinburgh se veelbewoë openbare lewe. Prins Philip het glo ’n slag met babas en jong kinders. “Hy was ’n wonderlike ouer,” vertel lady Georgina Kennard, ’n jeugvriend­in van hom en die koningin.

“Hy het met sy kinders gespeel, vir hulle stories gelees en saam met hulle gaan visvang.

“Ek onthou ons het by hulle oorgebly toe Charles omtrent ’n jaar oud was. Hulle drie was so gelukkig saam, gemaklik en ontspanne.”

T Tog heth Ch Charlesl (nou( 68) se biograaf,bi f Jonathan Dimbleby, in 1994 met sy toestemmin­g geskryf Charles het “emosioneel vervreem” van sy ouers gevoel en altyd na toegeneent­heid gehunker. Dit het sy ouers blykbaar diep seergemaak. Philip het destyds vir die rubriekskr­ywer Gyles Brandreth gesê hy en die koningin “het ons bes gedoen”.

Toe ’n tragedie die koninklike familie tref, was Philip ’n steunpilaa­r vir sy kleinseuns. Ná prinses Diana se dood in 1997 was haar seuns, William en Harry, huiwerig om deur Londen se strate agter haar kis aan te stap. Philip was bang as hulle dit nie doen nie, sou hulle later daaroor spyt wees. Hy het vir hulle gesê: “As julle wil, sal ek saam met julle stap.” Hy het dit toe ook gedoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa