Huisgenoot

‘HY WOU BID NÁ HY VROU SKIET’

’n Veearts sê hy het sy vrou per ongeluk geskiet.. Kennisse reageer op die gerugte van tweespalt tussen hulle

- Deur JANA SMIT en HILDA VAN DYK

HOOFFOTO: Dr. Jessie Coleman en sy vrou, Tracy. ONDER: Sy plaas se ingang. REGS ONDER: Hulle is in Februarie 2016 op die plaas getroud, maar het twee maande later hul huweliksbe­loftes in ’n kerk hernu sodat familie daarin kon deel.

DIT was knap ná vieruur die oggend, stikdonker en koud, toe past. Frik Weideman se selfoon lui. Die skermpie het gewys dis sy gemeenteli­d en vriend dr. Jesse Coleman. Maar niks kon die herder van die Menorah Tabernacle Ministries in Benoni voorberei op wat hy volgende sou hoor nie.

“Jesse het gesê hy het Tracy per ongeluk geskiet,” vertel Frik ons. “Ek kon die skok in sy stem hoor.

“Hy het gesê: ‘Ek het jou gebede nodig en ek het dit nou dadelik nodig . . . Ek het net ’n behoefte dat jy saam met my bid.’ ”

Aan die polisie sou Jesse (69), ’n veearts van Benoni, later vertel hy het sy vrou, Tracy (58), ’n mediese suster by die landboudie­nstemaatka­ppy Afgri op Delmas, vroeg die Vrydagogge­nd van 5 Mei per ongeluk geskiet. Teen ons druktyd was sy steeds in ’n ernstige toestand in die Millpark-hospitaal in Johannesbu­rg.

Kort voor sy oproep na die pastoor het Jesse nog iemand gebel: Catherine, sy dogter uit ’n vorige huwelik, en haar man, James Crawford-Nutt. Hulle woon glo in Roodepoort en werk in die privaat mediese bedryf. Hulle het die sowat 80 km van hul huis af na Jesse-hulle se plaas gejaag. Intussen het Jesse glo sy bloeiende vrou met ’n kombers bedek en by haar gebid, vertel die pastoor.

Die dag ná die skietery, die Saterdag, het Frik en sy vrou, Amelia, Tracy in Millpark besoek. “Sy was onder verdowing; ons kon nie met haar praat nie,” vertel Amelia. Toe is hulle saam na Jesse se plaas om hom te steun.

Terwyl Tracy om haar lewe veg, bestaan onenigheid tussen die twee aangetroud­e families. Tracy se broer, Paul

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa