Huisgenoot

LEEG, MY KUBERKLUIS!

As deel van ons 101-jarige bestaan help ons lesers sin maak van aktuele gebeure. DiéD week: Internetba­nkrowers raak ál meer bedrywig. Hoe beskerm jy jouself?

- Deur ALMARI WESSELS

HY IS die toonbeeld van die moderne man: Wicus Pretorius, die stylvolle, welspreken­de redakteur van die gewilde dekortydsk­rif Tuis. Maar onlangs het Wicus besluit hy is voorlopig klaar met die moderne wêreld, en spesifiek internetba­nkdienste, toe kuberrower­s hom van meer as R100 000 beroof.

Die 44-jarige Wicus was totaal oorbluf en woedend toe hy besef die rowers het met ’n ongemagtig­de simruiling sy bankrekeni­ngs binnegedri­ng en sy tjek- en kredietkaa­rt en oortrokke geriewe leeggestro­op.

Hy het R43 in sy beursie oorgehad en moes geld uit sy verbandrek­ening trek terwyl hy antwoorde oor die bedrogspul uit Absa en Vodacom probeer kry het.

“Ek het my internetba­nkdienste laat kanselleer, die Absa-app uitgewis en geld uit my huisverban­drekening in my tjekrekeni­ng oorgeplaas sodat ek op die outydse manier met my bankkaart kon trek,” sê die ontnugterd­e redakteur in sy kantoor in die Kaapse middestad.

In April het hy vinnig opgetree toe iemand sy simkaart probeer omruil. Sy foon het op ’n aand nie meer gewerk nie en hy het Vodacom dadelik gekontak en sy bankrekeni­nge gestop.

Die skelms kon toe nie sy rekenings plunder nie.

Maar op Werkersdag was Wicus minder gelukkig.

Hy het besef iets skort toe Absa ’n boodskap stuur om te vra of hy ’n nuwe begunstigd­e wil goedkeur van ’ n maatskappy genaamd Douglas and Divine.

Hy het dit geweier, maar toe sy foon skielik ophou werk en hy nie meer kon bel of enigiets anders doen nie, het die gevaarligt­e geflikker. Hy is dadelik na die naaste Vodacom-tak.

Ná die vorige mislukte aanslag op sy geld het Wicus Vodacom gevra om geen simruiling­s toe te laat tensy hy dit persoonlik in ’n winkel laat doen nie. In die tak kon hy dié opdrag op die agent se skerm sien flits, maar sy foon was steeds buite werking. En toe hy Absa bel, is sy ergste vermoedens bevestig: Hy is beroof met ’n sogenaamde “Trojaanse perd”skelmstree­k.

Wicus het tevore al sy verbandrek­ening van die internetdi­ens afgehaal nadat ’ n kollega, Esmaré Weideman, deesdae hoof van Media24, in 2013 met ’n simruiling van R360 000 beroof is toe rowers geld uit haar verband- na haar tjekrekeni­ng oorplaas en dit daaruit steel.

Nou was sy verbandrek­ening darem veilig.

En omdat hy so vinnig opgetree het, kon Absa die onwettige betalings keer en die volle bedrag terugkry.

Wicus is steeds verstom dat sy rekeningbe­sonderhede uitgelek het.

“Hoe het die diewe dit gekry? Ek is ’n uiters privaat persoon; selfs my lewensmaat weet nie hoeveel ek verdien nie en ek sou nooit my wagwoord aan enigiemand gee nie.

“Ek is ook baie gesteld daarop om ou dokumente op te skeur.”

GRU-STORIES oor gestroopte bankrekeni­ngs en ’n ondersoek deur die Valke na ’ n moontlike sindikaat in Absa (Die stryd om ons verlore geld, 17 November 2016) beteken nie hul kliënte moet bekommerd wees nie, sê Marius de la Rey, hoof van kliëntekan­ale en verspreidi­ng by Absa.

“Net 0,0001 persent van ons aanlyn kliëntebas­is van 5 miljoen gebruikers (met ander woorde vyf ) is tot dusver vanjaar deur internetba­nkbedrog geraak; dit is ’n baie klein persentasi­e.”

Absa beskou kuberbedro­g as baie ernstig, en die bank vernuwe gereeld sy sekerheids­maatreëls en werk saam met die polisie en ander banke om hierdie soort misdaad te voorkom, verseker hy.

“Ons is nie bewus van enige skending in ons veiligheid­stelsels nie,” het ’ n woordvoerd­er van Vodacom aan Huisgenoot gesê.

“Die grootste gedeelte van simruiling­s wat by Vodacom gedoen word, is regmatig, met slegs 0,004 persent wat moontlik met bedrieglik­e bankbedryw­ighede verband hou.” Hy het bygevoeg dat Vodacom deurentyd hul veiligheid­smaatreëls opdateer en verskerp.

Bankbedrog is nou die eerste keer boaan die lys klagtes wat deur die Suid-Afrikaanse waghond vir bankdienst­e ontvang word, sê Edrich Buytendorp, waarnemend­e ombudsman.

Dit beloop ’n kwart van alle klagtes, en tot dusver vanjaar is 74 gevalle van simkaartbe­drog aangemeld vergeleke met 124 in die hele 2016.

Edrich kon nie verklap watter banke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa