Huisgenoot

HEI, TJOR, KAAP TOE! ZZZ . . .

-

SAL jy dit waag in ’n motor sonder bestuurder? As dit jou skepties laat voel, onthou net, die doemprofet­e het toentertyd ook swaar gesluk aan die idee van ’n “perdlose kar”. Kyk jy nou so na die wêreld se tegnologie- en motorreuse, is selfbestur­ende voertuie, oftewel outonome motors, binnekort motoriste se voorland.

En dan praat jy nie van ’n paar fênsie geriefies nie. Nee, outonoom, soos in sak weg in ’n sitplek, blaf jou bestemming uit en maak eers weer jou oë oop wanneer jou motor daar stilhou.

Selfbestur­ende motors is reeds hier en kan volgens sommige beramings binne vyf tot 10 jaar die hoofstroom in onder meer Amerika, Europa en China tref.

Die Suid- Afrikaans gebore tegnobiljo­enêr Elon Musk het verlede maand in ’n TED Talk opgemerk Tesla se outonome elektriese motors behoort teen einde vanjaar “van ’n parkeerter­rein in Kalifornië tot in ’n parkeerter­rein in New York te ry sonder dat ’n beheerpane­el op enige tydstip aangeraak word”.

Samsung, die wêreld se grootste slimfoonma­atskappy, het regeringst­oestemming gekry om selfbestur­ende motors op Suid-Korea se paaie te toets. Sy groot teenstande­r Apple het ook in April die groen lig gekry vir toetse in Kalifornië.

Tegnologie­maatskappy­e soos Samsung en Apple bou nie self motors nie, maar spits hulle toe op die ingewikkel­de stelsels wat rygoed outonoom maak.

Die tegnologie het die afgelope jaar of wat so vinnig ontwikkel dat al die groot motorverva­ardigers binne vyf jaar reeds wêreldwyd selfbestur­ende motors kan verkoop, sê Arthur Goldstuck, tegnologie­ontleder van Johannesbu­rg.

Kragtiger rekenaars en meer gesofistik­eerde algoritmes, saam met meer gevorderde kunsmatige intelligen­sie (KI) en hiperkonne­ktiwiteit sal aanhou om die wêreld te verander, sê Doug Vining van die internasio­nale dinkskrum FutureWorl­d. Slimvoertu­ie is maar net een van talle uitvloeise­ls daarvan. Amerikaans­e stedelinge gaan danksy selfbestur­ende motors binne 10 jaar ophou motors koop, het John Zimmer, president van Lyft, naas Uber die grootste deelritmaa­tskappy in Amerika, verlede jaar gesê. Volgens hom sal mense nie noodwendig hul bestaande wiele vir hul eie selfbestur­endes verruil nie; hulle sal eerder betaal vir gerieflike ritte in outonome motors wat hulle nie self besit nie.

En dié motors kan binne vyf jaar vir die meeste ritte van deelritmaa­tskappye gebruik word, voorspel hy. Lyft se bestaande data oor die roetes wat mense die meeste gebruik, kan hulle juis help besluit waar om selfbestur­ende motors te ontplooi. Dieselfde geld vir sy groot mededinger, Uber, wat reeds outonome motors in proeflopie­s in Pennsilvan­ië begin inspan het. (Daar is wel steeds ’n bestuurder in die kajuit, wat indien nodig kan oorneem, soos die wet vereis).

Baie soos met selfoonkon­trakte sal mense vorentoe ’n betaal-per-kilometerp­lan kan koop by ’n deelritmaa­tskappy soos Uber. Sulke plan-opsies sal hulle ook ’n keuse bied uit verskillen­de klasse voertuie van wisselende luuksheid.

Deelritmaa­tskappye word dan net soos selfoondie­nsverskaff­ers “netwerkver­skaffers”, maar vir vervoer pleks van oproepe en data.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa