Huisgenoot

LUISA SE VARK IN MISOAFTREK­SEL

- 1 2 3 4 5 6 7 1 2 3 5 6 7

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: tot 2 uur 15 ml (1 e) knoffelgem­mer-en-brandrissi­epasta 15 ml (1 e) gerookte

paprika 2 ml (½ t) fyn kaneel 30 ml (2 e) olyfolie 600 g varklies sout en vars gemaalde

swartpeper 250 ml (1 k) hoender

aftreksel MISO-AFTREKSEL 1 L (4 k) hoenderaft­reksel van goeie gehalte 30 ml (2 e) ligte soja

sous 30 ml (2 e) miso-pasta 30 ml (2 e) knoffelgem­mer-en-brandrissi­epasta 15 ml (1 e) sesamsaad

olie sout en vars gemaalde

peper VIR VOORSIT 250 g eiernoedel­s of ramen-kitsnoedel­s, gaargemaak volgens die aanwysings op die verpakking 2 koppe baba-bok choi, gehalveer en liggies gestoom 4 radyse, in dun

skyfies gesny 2 klein sprietuie, in

dun skyfies gesny 1 brandrissi­e, in dun

skyfies gesny 4 saggekookt­e eiers,

gehalveer ’n hand vol vars kol

jander Voorverhit die oond tot 180 °C.

Meng die knoffelgem­mer-en-brandrissi­epasta, gerookte paprika, kaneel en olyfolie.

Vryf die mengsel in k – koppie(s) die varklies, geur met die sout en peper en plaas in ’n braaipan.

Voeg die hoenderaft­reksel by en bak 90 min. of tot deurgaar en sag. Plaas al die bestanddel­e behalwe die sout en peper in ’n middelslag-kastrol en laat 15 min. prut.

Geur na smaak met die sout en peper en plaas eenkant tot die vark gaar is.

Herverhit die aftreksel oor matig lae hitte. Verdeel die noedels tussen vier warm bakkies en sit die helfte van ’n kop bok choi in elke bakkie.

Giet die pruttende aftreksel oor en rond elke bak af met ’n paar skywe varklies, radyse, sprietuie, brandrissi­e en ’n saggekookt­e eier. Garneer met koljander en sit dadelik voor.

PIENK APPELEN-LAVENTELTA­RTE TATIN

Ek is gek oor tarte tatin. Hier het ek die deeg aangepas sodat dit glutenvry en heerlik lig en vlokkig is. Dis ’n lekker staatmaker glutenvrye deeg wat net so goed werk om ’n hoenderpas­tei mee te bedek. GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 25 min. Bak: 25-30 min. GLUTENVRYE BROSKORSDE­EG 60 ml (¼ k) yskoue water e – eetlepel(s)

Miso-aftreksel Vir voorsit

t – teelepel(s) 100 g koue botter (of klapperoli­e), in blokkies gesny 100 g volroom

roomkaas 150 g amandelmee­l

(sowat 1½ k) 25 g klappermee­l

(sowat ¼ k) 15 ml (1 e) fyn chiasaad (gebruik ’n koffiemeul) 15 ml (1 e) psillium

vesel 15 ml (1 e) klappersui­ker (of ’n knippie steviapoei­er) 5 ml (1 t) bakpoeier ’n knippie sout VULSEL 45 ml (3 e) klappersui­ker, heuning of rysmoutstr­oop 75 g botter, in blokkies

gesny 30 ml (2 e) water 6 pienk appels, geskil, ontkern en in kwarte gesny (genoeg om die bodem van die pan te bedek) 15 ml (1 e) suurlemoen

sap 5 ml (1 t) laventelbl­omme 5 ml (1 t) vanielje

geursel 1 vanieljepe­ul, in die

lengte gesny VIR VOORSIT dubbeldik room of

mascarpone Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verwerk al die bestanddel­e saam in ’n voedselver­werker tot gemeng, maar steeds grof en vlokkig en gemarmer met botter. Haal uit, vorm in ’n bal, draai in kleefplast­iek (of ’n groot ritssak) toe en plaas vir 10 min. in die vrieskas om te verkoel en ferm te raak. Haal die deeg uit, rol uit in ’n reghoek, vou in derdes, vou weer toe en

Deeg

laat verkoel weer in die yskas tot net voor jy dit gebruik.

Terwyl die deeg vir die tweede keer verkoel, plaas die suiker, botter en water in ’n swaarboomp­an (verkieslik oondvas) oor matige hitte. Roer twee of drie keer; los tot die suiker gesmelt het.

Voeg die appels by die karamelmen­gsel, asook die suurlemoen­sap, laventel en vanieljege­ursel en -peul. Roer liggies tot die appels goed bedek is en rangskik dit so plat en na aan mekaar moontlik. Verwyder van die hitte en plaas eenkant. Haal die vanieljepe­ul uit.

Vulsel

Rol die verkoelde deeg uit tot sowat 5 mm dik. Indien nodig, bestuif die werkopperv­lak met ekstra klappermee­l om te keer dat die deeg vaskleef. Sny ’n sirkel uit wat net breër as die wydte van die pan is, lê dit oor die appels neer en druk die kante af sodat alles goed bedek is. (As jy nie ’n oondvaste pan het nie, skep net in hierdie stadium die appelmengs­el uit in ’n vlak, gesmeerde oondvaste bak.) Wenk: Dis makliker om die deeg te hanteer deur ’n paletmes onder in te laat gly en dit van die oppervlak af op te lig as die deeg te klewerig is.

Druk ’n paar gaatjies in die deeg om stoom te laat ontsnap terwyl dit bak. Bak 25-30 min. of tot die deeg pofferig en goudkleuri­g is.

Laat die tert tot kamertempe­ratuur afkoel.

Vir voorsit

Keer dit op ’n bord uit deur die bord met ’n afdroogdoe­k oor die pan te hou terwyl jy dit uitkeer. Wees baie versigtig, want die karamel kan uitloop en sal uiters warm wees. Sit voor saam met room of mascarpone.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa