Huisgenoot

STADIG GEKOOKTE BEESKORTRI­B EN ROOSMARYNR­AGU MET ROMERIGE FYN BLOMKOOL

- 1 2 3 4

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 3-4 uur (meestal sonder toesig) 1,5 kg bees-kortrib 15-30 ml (1-2 e) olyf

olie 1 middelslag-rooi-ui,

gekap 2 knoffelhui­sies,

grof gekap 2 takkies roosmaryn

of 2 ml (½ t) gedroog 1 x 410 g-blik geskilde,

gekapte tamaties 15 ml (1 e) tamatie

pasta 1 vars brandrissi­e, saad verwyder en gekap, of ½ t droë brandrissi­evlokkies 15 ml (1 e) balsemieke

asyn 15 ml (1 e) tamari (of worcester- of sojasous) 250 ml (1 k) rooiwyn 250 ml (1 k) beesvleis- of groenteaft­reksel van goeie gehalte (en nog ’n koppie om algaande by te voeg, indien nodig) 60 ml (¼ k) lensies ’n milde knippie elk sout en vars gemaalde swartpeper Voorverhit die oond tot 140 °C.

Verbruin die kortrib 4-5 min. in die olie in ’n swaarboomp­an (verkieslik ’n oondvaste een met ’n deksel) op die stoof of tot liggies goudkleuri­g terwyl jy dit halfpad deur omdraai.

Haal die vleis uit en plaas eenkant. Voeg die ui in die pan en braai 5 min. Voeg die knoffel en roosmaryn by en soteer nog 1 min. of tot die knoffel geurig is. Voeg al die oorblywend­e be- standdele by.

Los op die stoof tot die mengsel prut en plaas dan met die deksel op in die oond vir nog 3-4 uur. Voeg elke uur ’n bietjie ekstra aftreksel by.

Sit voor saam met romerige fyn blomkool (sien onder).

ROMERIGE FYN BLOMKOOL

Kap 1 groot kop blomkool grof en kook 10-15 min. in ’n groot kastrol kokende soutwater of tot ’n mes maklik daarin steek. Haal uit, dreineer en laat ’n paar minute stoomdroog word. Voeg 15 ml (1 e) elk botter en olyfolie by en verwerk met ’n staafmenge­r tot glad. Voeg sout en vars gemaalde swartpeper by na smaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa