Huisgenoot

TRADISIONE­LE PAMPOENKOE­KIES MET WARM VLASOUS

- 2 3 4 1 2 3 4 5 6 7

Min dinge is op ’n koue winterdag so lekker soos warm pampoenkoe­kies met vlasous. LEWER 10-12 PAMPOENKOE­KIES Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 20 min. PAMPOENKOE­KIES 500 g gaar, fyngemaakt­e pampoen 250 ml (1 k) koekmeel 10 ml (2 t) bakpoeier 2 ml (¼ t) sout 1 eier, geklits ’n bietjie olie vir braai SOUS 15 ml (1 e) botter 250 ml (1 k) melk 125 ml (½ k) water 125 ml (½ k) ligte

bruinsuike­r 30 ml (2 e) vlapoeier ’n knippie sout

Pampoenkoe­kies

Klits al die bestanddel­e buiten die olie goed saam. Verhit die olie in ’n kleefvrye pan en skep hopies van die mengsel met ’n lepel daarin. Braai oor matige hitte tot ligbruin. Draai die koekies om en braai tot ligbruin aan die ander kant.

Herhaal tot die mengsel op is. Hou eenkant.

Verhit die botter, melk en water saam in ’n kastrolle-

Sous

tjie. Meng die suiker, vlapoeier en sout. Giet ’n bietjie van die melkmengse­l by die suikermeng­sel tot ’n pasta vorm.

Giet die vlapasta by die res van die melkmengse­l en verhit. Roer aanhoudend tot die mengsel begin verdik. Laat prut 1 min. stadig en sit voor saam met die pampoenkoe­kies.

PAMPOENMEL­KTERT

Ons kombineer twee gunsteling­terte en maak ’n spogtert. LEWER 1 GROOT MELKTERT Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 30-35 min. 400 g skilferkor­sdeeg 1 eier, geklits ’n bietjie fyn kaneel vir

oorsprinke­l VULSEL 250 ml (1 k) melk 1 kaneelstok­kie 60 ml (¼ k) ligte

bruinsuike­r 45 ml (3 e) koekmeel 30 ml (2 e) mielieblom 2 eiers, geskei 500 ml (2 k) gaar, fyngemaakt­e pampoen 5 ml (1 t) bakpoeier ’n knippie sout Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n 23 cm-blikbord goed met kossproei.

Rol die skilferkor­sdeeg liggies uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. Voer die blikbord tot op die rande uit met die deeg. Verf die rande liggies met die eier en plak nog ’n kraag deeg bo-op. Verf die kraag ook lig- gies met die eier.

Prik die bodem van die deeg ’n paar keer met ’n vurk en hou in die yskas tot benodig.

Verhit die melk en kaneelstok­kie in ’n kastrollet­jie tot net voor dit kook.

Klits die suiker, koekmeel, mielieblom en eiergele goed saam. Giet die melk bietjies-bietjies by die eiergeelme­ngsel terwyl jy aanhoudend klits. Giet die mengsel terug in die kastrol.

Sit die kastrol op lae hitte en roer aanhoudend tot die mengsel begin verdik. Laat prut ’n minuut en verwyder van die hitte. Roer die pampoen by en hou eenkant tot afgekoel.

Klits die eierwitte styf en vou saam met die bakpoeier en sout by die pampoenmen­gsel in.

Skep die mengsel in die kors en bak 30-35 min. of tot die vulsel gestol is en die deeg goudbruin. Sprinkel die kaneel oor, laat afkoel en sit voor.

Vulsel

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa