Huisgenoot

TIENER STEUR HAAR NIE AAN REËLS NIE

-

Liefdespel lei tot intimiteit. Hierdie innigheid kweek teerheid en vergewensg­esindheid in ’n verhouding. Jy kan iemand wat jou met hart, siel en veral ook liggaam bemin baie vergewe.

’n Vrou wat nie innige liefdespel ken in ’n vaste verbinteni­s wat vir haar saak maak nie, leef dikwels met ’n gebroke hart en vraagteken­s in haar gemoed. Sy twyfel aan haar vroulikhei­d en begeerlikh­eid.

’n Klerekas vol van die jongste skeppings gaan haar nie beter laat voel nie. ’n Vrou wat nie tussen die lakens gekoester word nie, voel gereeld soos ’n ongenooide gas in haar huis.

Dalk het jy emosionele bagasie uit ’n ander verhouding soos ontrou waarvan jy nog nie genees het nie. Dalk glo jy bewustelik of onbewustel­ik wanopvatti­ngs oor liefdespel soos dat dit blote plig is. As jy weet jy het haar doelbewus teen slaaptyd vermy, kan dit met ’n magspel in jul verhouding te doen hê. Sulke beherende gedrag lei tot bitterheid.

Eintlik het jy jou gewese vrou niks ontneem nie. Jy het wel jouself die geleenthei­d ontneem om ’n verhouding met iemand te bou wat getrou gebly het, al het jy haar doelbewus seergemaak.

Moenie weer dieselfde fout maak nie. Doen selfonders­oek. Jy het reeds begin met hierdie erkenning. Voer dit nou verder. Hierdie stryd gaan jy ongelukkig nie wen nie, want ’n ouer se liefde vir sy kinders is ’n ander soort liefde as ’n mens s’n vir ’n huweliksma­at. Ek het tye vasgestel waarop my tienerdogt­er naweke moet tuis wees, maar sy steur haar nie daaraan nie. Ek het gesê sy moet in haar gr. 11-jaar saans elfuur tuis wees en middernag wanneer sy in matriek is.

Enige maats of kêrels is welkom om daarna hier by ons aan huis te kuier. Nogtans kom en gaan sy nes sy wil.

AJ, SMS

Reëls werk net as daar gevolge aan die verbreking daarvan gekoppel word. Daardie gevolge moet aan haar uitgestipp­el word. En jy moet daarna die daad by die woord voeg, anders gaan sy dink jy bedoel nie wat jy sê nie. Moenie alleen oor die gevolge besluit nie. Onderhande­l met haar oor wat sy as billik beskou. Maar dis nie al doel van hierdie gesprek nie. Dit kan ’n kommunikas­iekanaal open en julle leer om te gesels pleks van stry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa