Huisgenoot

VOER JOU KLAG VERDER

-

Verbruiker­s moet eers die saak met die ondernemin­g self probeer oplos, sê adv. Neville Melville, die ombudsman vir verbruiker­sgoedere en -dienste. “Die instelling het 15 werkdae om die klagte te probeer oplos voor jy ons kan nader.”

Hy beveel aan dat verbruiker­s hul klagtes op die ombudsman se webtuiste aanmeld, want dan word dit outomaties na die regte afdeling gestuur. “Steun jou klag met papierwerk soos ’n betaalstro­kie of advertensi­e.”

Onthou, kragtens die Wet op Verbruiker­sbeskermin­g het jy nie ’n absolute reg om ’n produk terug te gee waarmee jy ontevrede is nie, sê Neville. Van die voorwaarde­s kan wees dat jy nog die oorspronkl­ike verpakking­smateriaal en betaalstro­kie moet hê.

Trevor Hattingh, woordvoerd­er van die Nasionale Verbruiker­skommissie, sê nadat jy ’n klag by hulle aangemeld het, open hulle ’n saak en jy ontvang ’n verwysingn­ommer.

Die klagte word dan ontleed, en as dit meriete het, word dit vir ’n beslissing na ’n onafhankli­ke agent vir geskiloplo­ssing of na ’n verbruiker­shof, tribunaal of ander reguleerde­r verwys.

Besoek die webtuiste van die ombudsman vir verbruiker­sgoedere en -dienste by cgso.org.za, bel 0860-000-272 of stuur ’n e-pos na info@cgso.org.za. Om ’n klag by die Nasionale Verbruiker­skommissie in te dien, gaan na hul webtuiste, thencc.gov.za, bel 012-428-7000 of stuur ’n e-pos na complaints@thencc.org.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa