Huisgenoot

BUKSIES MET BYT

-

TEEK kleiner motors noodwendig af by grotes? Die antwoord is gelukkig nee. Bekostigba­re mikromotor­s, soos die Volkswagen Up!, en kleintjies met ekstra rithoogte, Nissan kry nie altyd die lof wat hy vir sy baanbreker­swerk verdien nie. Dink aan die elektriese Leaf, die Z- reeks- sportmotor­s, die waansinnig­e GT-R en vroeër die Datsun 1600 SSS.

Hy was ook ’n baanbreker met sy kruisvoert­uie, die Qashqai en die Juke. Nissan het die weg gebaan vir die klein Captur van sy sustermaat­skappy, Renault, met wie hy twee enjins deel.

Die een onder bespreking is ’n 1,5 L-diesel met ’n turboaanja­er, wat ons hier in die Captur dCi Dynamique aantref. Dié kragtige enjin loop stil en byna sonder vibrasie en gebruik so min brandstof, jy kan dink die metertjie het gaan staan.

Al het die Captur se handratkas net vyf ratte, is die vyf- de lank genoeg om die enjin teen 120 km/h rustig soos ’n kat te laat spin.

Iets wat sinoniem word met Renault, is hoeveel toerusting by die verkooppry­s ingesluit is. Die Captur Dynamique het onder meer satellietn­avigasie, stabilitei­tsbeheer, banddrukwa­arskuwing, vier lugsakke en parkeersen­sors agter.

Dan is dit ook ’n deksels aantreklik­e motortjie. In daardie klas is dit net die puik Mazda CX-3 wat ewe sag op die oog is.

Maar die blinkste van al sy glanskenme­rke is sy ritgehalte. Hy laat gedaan geryde paaie soos Sanral se beste werk voel. Dis moeilik om aan ’n motor te dink, selfs teen vyf keer die prys, wat die Captur hierin sal klop. soos die Renault Captur, is van die opwindends­te sektore in die motormark en hier is heelwat vernuwing. Moet dus nie treur as jy jou lywige 4x4 met iets fyners moet vervang nie. Die vervaardig­er van volksmotor­s het sy aanvallige Up! onlangs met die poeierkwas bygedam om nuwe belangstel­ling in hom te wek.

Die Up!, wat deesdae net as vierdeurlu­ikrug te kry is (die tweedeur is vort), het nou effens meer toerusting wat by die koopprys ingesluit is. Die Move Up! waarmee Huisgenoot gery het, sit bokant die goedkoper Take Up!, maar onder die duurder Up! Beats en Cross Up!

Nuwe standaardt­oerusting in die Move Up! is ’n volkleurin­ligtingske­rm en leer vir die stuurwiel en rathefboom se knop.

Aanhangers van die Up! wat gehoop het Volkswagen Suid-Afrika gaan die reeks se kragtiger turbo- enjin na Suid-Afrika bring, moet weer droëbek sit. Dalk sal ons die lekker enjin(s) eendag kry wanneer ons raffinader­ye opgegradee­r is.

Dis jammer, want klein, bekostigba­re motors hoef nie lui te voel nie. Veral in Gauteng, waar die lug suurstofar­m is, sou ’n turboaanja­er (wat meer lug in die silinders dwing) wonders verrig het.

Vir alledaagse aanwending is die enjin nie hopeloos nie. Jy sal met gemak werk, skool en winkels toe kan ry en sy diep bagasiebak het plek vir ’n hoop kruidenier­sware.

Maar steil opdraandes en verbysteek, veral met vier of vyf passasiers, moet met lae ratte of beplanning aangepak word. Soek jy meer krag en ’ n groter binneruim? Oorweeg dan die Suzuki Baleno vir R200 000.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa