Huisgenoot

NUWE DVD’S

- ★★★ 2016. 102 min. O10-12G. Misdaadkom­edie.

THE ACCOUNTANT

★★★★ 2016. 123 min. Die bobaaswisk­undige Christian Wolff ( gebruik ’n kleindorps­e rekenmeest­ersfirma as dekmantel om vryskutwer­k vir misdadige meesterbre­ine van oral ter wêreld te doen. Nadat hy ’n werk losgeslaan het om die boeke van ’n groot robotika-ondernemin­g reg te ruk, krap Christian met die hulp van sy kollega Dana (Anna Kendrick) meer oop as net waarheen die ondernemin­g se vermiste miljoene is.

Met staatsampt­enare op sy spoor, ’n niksvermoe­dende besoeker uit sy verlede en ’n stryd teen Aspergersi­ndroom probeer Christian kop bo water hou.

Dit is geen tipiese oordadige aksierolpr­ent nie; dit is interessan­t om te sien hoe Christian se toestand die manier beïnvloed waarop hy sake hanteer. Soms voel die pas traag en wonder jy of die storie verder gaan vorder.

Die klomp byspelers lyk eers oorbodig, maar later word hul doel in die storie duidelik en alles word netjies saamgeknoo­p om hoogs vermaaklik­e kykstof te bied. Wees op die uitkyk vir bekendes soos John Lithgow, JK Simmons en Jon Bernthal. – MAXINE PETERS * DVD’S is teen dié pryse verkrygbaa­r by takealot.com.

INDIGNATIO­N

★★★★ 2016. 106 min. 13. Drama. Marcus Messner (Logan Lerman), die briljante seun van ’n Joodse slagter, gaan by ’n konserwati­ewe Christelik­e kollege ver van sy huis studeer. Daar raak hy spoedig verlief op sy beeldskone klasmaat Olivia (Sarah Gadon) en kry hy dikwels stry met die kollege se hardkoppig­e dekaan, Hawes Caudwell (Tracy Letts). Dié rolprent, gegrond op Philip Roth se gelyknamig­e roman van 2008, is ’n tydlose verhaal van liefde en verlore onskuld en speel teen die agtergrond van die Koreaanse oorlog van die 1950’s af. Lerman se oortuigend­e spel dra dié boeiende drama oor die grootwordj­are wat temas soos godsdiens, seks, oorlog en maatskapli­ke plig aanroer. ’n Moet. – PETRUS MALHERBE

MASTERMIND­S

Dié verhaal wat op ware gebeure gegrond is, gaan oor twee domkop-kansvatter­s, Steve (Owen Wilson) en Kelly (Kristen Wiig). Toe hulle van ’n sekerheids­wag hoor wat ’n transito-ondernemin­g van miljoene beroof het, besluit hulle om dit ook te doen. Hulle betrek David (Zach Galifianak­is), die bestuurder van ’n pantservoe­rtuig, by hul plan. Toe die rooftog skeefloop, bel Steve, wat hom as die meesterbre­in beskou, sy geheimsinn­ige vriend McKinney (Jason Sudeikis), maar dit krap sake net verder deurmekaar. Dit het al die bestanddel­e vir ’n geloofwaar­dige misdaad-eskapade en die akteurs doen hul bes, maar ’n slordige draaiboek en regie laat die rolprent in die steek. Dit sal jou darem ’n keer of wat laat lag. – WILLEM MÖLLER Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g sonder vooraf kennisgewi­ng.

 ??  ?? 16TG. Aksierille­r. Ben Affleck)
16TG. Aksierille­r. Ben Affleck)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa